Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppieoewer Chalets

Gastehuis

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gerrit Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Oppieoewer Chalets
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5
Wiaan N - Jun 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wiaan N

Rustige verblyf in die bos.

Baie oulike hout-chalets op die oewer van die rivier, tussen die bome. Wonderlike nagrus met die rivier wat onder jou druis. Puik gashere selfs in die moeilike tye.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Dankie Wian.

Altyd lekker om Nuwe gaste te ontmoet en te verneem hulle was tevrede met die verblyf.

Kom gerus weer.

Oppieoewer Chalets
Gavin R - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gavin R

Great!

Will definitely be visiting again soon!

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Fantasties!

Gaan definitief binnekort weer daar gaan bly!

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

Jannes V - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jannes V

Aangenaam.

Ons het lekker gebly. Dit was skoon en netjies. Sal weer daar gaan bly. Ek vermoed die gas geyser was nog nie opgestel vir winter nie. Die warmwater in stort was nie warm genoeg vir koel wintersoggend nie.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Hi Jannes

Dit lyk vir my die gas verwarmer is nie geskik vir ons koudste winter sover nie. 2019 se koue is die ergste nog vandat ons die chalets gebou het. Ek is jammer dat die water nie so lekker warm was nie, en waardeer jul terugvoer , anders sou ek nie geweet het daarvan nie. Ek is juis nou besig om hom te vervang met 'n Nuwe een. Waneer julle weer hier aandoen , sal dit verseker reg wees. Om waardering te wys vir jul verstandigheid , kan julle volgende keer slegs half prys betaal. Kom gerus weer.
Groete
Gerrit

Oppieoewer Chalets
Corne G - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corne G

Vreedsaam en salig met alle gerief beskikbaar om gemaklik te wees weg van die huis op die rivieroewer.

Ons was goed ontvang, die Chalet was baie skoon en netjies, die matrasse was van hoë gehalte om 'n goeie nagrus te verseker. Die seekoei het sy opwagting gemaak en ons vir omtrent 20 minute vermaak met sy streke. Die plek is goed geleë, goeie en veilige parkering vir jou motor en die eienaars is regtig aangename mense. Elektrisiteit, WiFi en DStv was ten alle tye werkend. Ons gaan beslis terug een of ander tyd.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Dankie Corné. Ons probeer ten alle tye ons bes en is dankbaar julle het jul tyd hier geniet. Julle was aangename gaste, kom gerus weer.

Oppieoewer Chalets
Carmen P - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Carmen P

Rustige verblyf vir natuurliefhebbers.

Vriendelik ontvang, lekker gebly en die natuurskoon geniet. Was gelukkig om die plaaslile seekoei te sien in die rivier voor ons chalet.

Tisha S - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tisha S

Oppieoewer is wonderlike verblyf vir wegbreek of werk.

Oppieoewer is een van die beste plekke waar ons tydens 'n werksbesoek van 17 dae in Limpopo, Noordwes en Gauteng oorgebly het. Die hout-chalets is op die oewer van die Letabarivier net buite Tzaneen geleë en bied 'n asemrowende uitsig oor die rivier. Die eienaar is gasvry en hulpvaardig en het ons tuis laat voel met ekstras soos hout, ys en selfs wasgoed wat gewas en gestryk is teen 'n geringe fooi. Ek beveel Oppieoewer ten sterkste aan vir enigiemand wat wil wegbreek of, soos ons, 'n nag of twee wil oorbly in die allermooiste omgewing. Ons het selfs die eerste aand 'n seekoei waargeneem wat op die oorkantste oewer uitgeklim het om te gaan wei!

Mariana F - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariana F

Gerrit en Alta is die beste gashere - het altyd gevoel dit is 'n aanloklike omgewing.

Ons wil net weereens baie dankie sê vir julle gasvryheid. Dit was een van die vakansies wat ons nooit sal vergeet nie. Die uitnodiging om saam met julle na die Wolkberg toe te gaan, was ongelooflik. Alta se sjokoladekoek met Marit se verjaarsdag was nie net 'n groot verrassing nie, maar ook 'n treffer. Ons veiligheid Saterdagaand was ook 'n groot prioriteit vir julle. Dankie dat julle gehelp het met die ontruimery. Klein Gerrit kan voorwaar raakvat en sy maniere is uit die boonste rakke. Sê asseblief vir hom ook hoe baie ons hom waardeer het. Julle is lieflike mense wat soveel van julleself gee. Die wêreld het baie meer van julle soort nodig. Sasha het toe gelukkig nie bosluiskoors nie en is op 'n baie streng dieet. Boesman kan ook nou weer ten volle koning kraai. Dankie dat ons die honde kon saambring. Ek weet dit was 'n groot toegewing van julle kant af. Sterkte met die stormwaterprojek. Mag 2017 vir julle 'n baie geseënde jaar wees. Groete vanuit Johannesburg.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Dankie Mariana.

Ons probeer net ons bes, en glo ons sal slaag.
Ons is tevrede as julle met goeie herrineringe ons juweel verlaat.
Groete vanaf Oppie Oewer

Oppieoewer Chalets
Marie J - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marie J

Mooi omgewing, veilig en rustig.

Vriendelike ontvangs. Heerlik gerus in pragtige, veilige omgewing. Om aan die slaap te raak met die geluid van bruisende water in jou ore - priceless!

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Baie dankie Eben. Dis vir ons lekker as ons gaste hul tydjie hier geniet het.
Kom gerus weer.
Groete
Gerrit

Oppieoewer Chalets
Maurits H - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maurits H

Goed, schoon chalet op mooie lokatie.

De ontvangst was hartelijk, de accomodatie goed. Voor onze kleinzoon was het leuk dat er een bootje beschikbaar was.

Elsie B - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsie B

Uitstekende, pragtige plek en natuur.

Die omgewing en mense was 'n wonderlike ervaring. Dankie aan Gerrit en Alta vir hulle gasvryheid en die manier waarop hulle hulle juweel met ander mense deel, nie net waar hulle bly nie, maar ook die omgewing.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Dankie Chris,
Ons is dankbaar dat ons die omgewing met julle kon deel.
Julle was self 'n aangename groepie vriende.
Enige tyd welkom

Oppieoewer Chalets
Minnette V - Mei 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Minnette V

Pragtige ligging en hulpvaardige eienaar!

Ons het op die laaste minute geskuif na Oppie Oewer en Gerrit en sy vrou was 'n seëning! Ons was van die eerste oomblik soos 5-ster-gaste hanteer. Ons het met 'n kar vol kos opgedaag nadat ons verskuif het van akkommodasie en selfs al is hul nie vol selfsorg nie, het Gerrit alles in sy vermoë gedoen om ons te help. Ons is regtig "above and beyond" tevrede met Oppie Oewer en stel dit vir enige iemand voor. Kamer is klein, maar die diens, mense en ligging maak 110 maal op daarvoor!

Gerhardus K - Mrt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhardus K

Wens daar was meer plekke soos Oppieoewer. Dankie vir alles!

Hou aan met goeie diens en vriendelikheid.

Oppieoewer Chalets se terugvoer

Baie dankie. Ons sal aanhou probeer. Besoek ons gerus weer.
Groete
Gerrit en Alta

Oppieoewer Chalets
Johan V - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V

Heerlik en rustig op die rivier se oewer.

Ons het heerlik gekuier in 'n rustige omgewing op die rivier se oewer.

Hendri V - Jun 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Hendri V

Bo-gemiddelde, bekostigbare verblyf, met uitstekende diens.

Sien die sterre.

Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 193, Lushoffplaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzMjhiNTQyLTQ1OWItNDNiYi1iOWVjLTM2NWIzOWJlYzJlNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Portion 193 Lushoff farm 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.831087701306 30.1906781121

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang