Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppieoewer Chalets

Gastehuis

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wiaan N
1 nag Besigheidsreis
4.4
Jun 2020

Rustige verblyf in die bos. Baie oulike hout-chalets op die oewer van die rivier, tussen die bome. Wonderlike nagrus met die rivier wat onder jou druis. Puik gashere selfs in die moeilike tye.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Dankie Wian. Altyd lekker om Nuwe gaste te ontmoet en te verneem hulle was tevrede met die verblyf. Kom gerus weer.

Gavin R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2019

Fantasties! Gaan definitief binnekort weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jannes V
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jul 2019

Aangenaam. Ons het lekker gebly. Dit was skoon en netjies. Sal weer daar gaan bly. Ek vermoed die gas geyser was nog nie opgestel vir winter nie. Die warmwater in stort was nie warm genoeg vir koel wintersoggend nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Hi Jannes Dit lyk vir my die gas verwarmer is nie geskik vir ons koudste winter sover nie. 2019 se koue is die ergste nog vandat ons die chalets gebou het. Ek is jammer dat die water nie so lekker warm was nie, en waardeer jul terugvoer , anders sou ek nie geweet het daarvan nie. Ek is juis nou besig om hom te vervang met 'n Nuwe een. Waneer julle weer hier aandoen , sal dit verseker reg wees. Om waardering te wys vir jul verstandigheid , kan julle volgende keer slegs half prys betaal. Kom gerus weer. Groete Gerrit

Corne G
Kort verblyf
5.0
Nov 2018

Vreedsaam en salig met alle gerief beskikbaar om gemaklik te wees weg van die huis op die rivieroewer. Ons was goed ontvang, die Chalet was baie skoon en netjies, die matrasse was van hoë gehalte om 'n goeie nagrus te verseker. Die seekoei het sy opwagting gemaak en ons vir omtrent 20 minute vermaak met sy streke. Die plek is goed geleë, goeie en veilige parkering vir jou motor en die eienaars is regtig aangename mense. Elektrisiteit, WiFi en DStv was ten alle tye werkend. Ons gaan beslis terug een of ander tyd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Dankie Corné. Ons probeer ten alle tye ons bes en is dankbaar julle het jul tyd hier geniet. Julle was aangename gaste, kom gerus weer.

Carmen P
Kort verblyf
4.2
Jul 2018

Rustige verblyf vir natuurliefhebbers. Vriendelik ontvang, lekker gebly en die natuurskoon geniet. Was gelukkig om die plaaslile seekoei te sien in die rivier voor ons chalet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Tisha S
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jan 2017

Oppieoewer is wonderlike verblyf vir wegbreek of werk. Oppieoewer is een van die beste plekke waar ons tydens 'n werksbesoek van 17 dae in Limpopo, Noordwes en Gauteng oorgebly het. Die hout-chalets is op die oewer van die Letabarivier net buite Tzaneen geleë en bied 'n asemrowende uitsig oor die rivier. Die eienaar is gasvry en hulpvaardig en het ons tuis laat voel met ekstras soos hout, ys en selfs wasgoed wat gewas en gestryk is teen 'n geringe fooi. Ek beveel Oppieoewer ten sterkste aan vir enigiemand wat wil wegbreek of, soos ons, 'n nag of twee wil oorbly in die allermooiste omgewing. Ons het selfs die eerste aand 'n seekoei waargeneem wat op die oorkantste oewer uitgeklim het om te gaan wei!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mariana F
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2017

Gerrit en Alta is die beste gashere - het altyd gevoel dit is 'n aanloklike omgewing. Ons wil net weereens baie dankie sê vir julle gasvryheid. Dit was een van die vakansies wat ons nooit sal vergeet nie. Die uitnodiging om saam met julle na die Wolkberg toe te gaan, was ongelooflik. Alta se sjokoladekoek met Marit se verjaarsdag was nie net 'n groot verrassing nie, maar ook 'n treffer. Ons veiligheid Saterdagaand was ook 'n groot prioriteit vir julle. Dankie dat julle gehelp het met die ontruimery. Klein Gerrit kan voorwaar raakvat en sy maniere is uit die boonste rakke. Sê asseblief vir hom ook hoe baie ons hom waardeer het. Julle is lieflike mense wat soveel van julleself gee. Die wêreld het baie meer van julle soort nodig. Sasha het toe gelukkig nie bosluiskoors nie en is op 'n baie streng dieet. Boesman kan ook nou weer ten volle koning kraai. Dankie dat ons die honde kon saambring. Ek weet dit was 'n groot toegewing van julle kant af. Sterkte met die stormwaterprojek. Mag 2017 vir julle 'n baie geseënde jaar wees. Groete vanuit Johannesburg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Dankie Mariana. Ons probeer net ons bes, en glo ons sal slaag. Ons is tevrede as julle met goeie herrineringe ons juweel verlaat. Groete vanaf Oppie Oewer

Marie J
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2017

Mooi omgewing, veilig en rustig. Vriendelike ontvangs. Heerlik gerus in pragtige, veilige omgewing. Om aan die slaap te raak met die geluid van bruisende water in jou ore - priceless!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Baie dankie Eben. Dis vir ons lekker as ons gaste hul tydjie hier geniet het. Kom gerus weer. Groete Gerrit

Maurits H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2016

Goed, schoon chalet op mooie lokatie. De ontvangst was hartelijk, de accomodatie goed. Voor onze kleinzoon was het leuk dat er een bootje beschikbaar was.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsie B
Kort verblyf
5.0
Jul 2016

Uitstekende, pragtige plek en natuur. Die omgewing en mense was 'n wonderlike ervaring. Dankie aan Gerrit en Alta vir hulle gasvryheid en die manier waarop hulle hulle juweel met ander mense deel, nie net waar hulle bly nie, maar ook die omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gerrit
Oppieoewer Chalets
Dankie Chris, Ons is dankbaar dat ons die omgewing met julle kon deel. Julle was self 'n aangename groepie vriende. Enige tyd welkom

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gerrit Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 193, Lushoffplaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzMjhiNTQyLTQ1OWItNDNiYi1iOWVjLTM2NWIzOWJlYzJlNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Portion 193 Lushoff farm 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.831087701306 30.1906781121

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang