Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

OR Tambo Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oosweg 177, Pomona, Kemptonpark, 1631, Gauteng
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

OR Tambo Guest House is in 'n pragtige area net 10 minute se ry van O.R. Thambo Internasionale Lughawe af geleë. Dié gastehuis spog met 'n landelike styl en is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n ontspanne, rustige wegbreek.

Daar is 6 ruim, luukse slaapkamers, van 'n dubbelkamer tot 'n gesinskamer met slaapplek vir 4 gaste. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, ovaalvormige bad en 'n aparte toilet. Elke kamer is elegant versier en het 'n LCD-TV met gemeenskaplike DStv (Hotel-pakket), koffie- en teemaakgeriewe, 'n lessenaar en gratis WiFi. Al die kamers maak op die sonnige, ruim veranda oop. 'n Engelse ontbyt is ingesluit by die tarief.

Ons bied ook 6 standaard sakpaskamers buite die hoofhuis. Hierdie kamers het enkel- of dubbelbeddens en en suite-badkamers met 'n stort. Daar is ook 'n LCD-TV met 'n gemeenskaplike DStv-Premium-pakker, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad, 'n lowerryke tuin met vuurputte en 'n sierfonteintjie in.
Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel. 'n Pendeldiens na die lughawe kan teen 'n addisionele koste gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 180 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Dune E
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies en veilig! Ons het baie lekker gebly. Staf is baie vriendelik en behulpsaam.
Des 2024
Martie D
Gesin met tieners
5.0
Rustig, skoon, veilig, naby aan lughawe. Ons het baie lekker gebly by die gastehuis. Het in kamers binne die huis geslaap. Matras super sag en beddego...
Sien meer
Nov 2024
Andries T
5.0
Stil en rustig. Baie lekker gebly, stil en rustig.
Sep 2024
Elmari R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike en behulpsame gasheer en gasvrou. Ons het heerlik gebly. Sien gradering. Sal beslis weer kom.
Sep 2024
Leandrie G
5.0
Was baie rustig gewees. Ek en my skoonma en seuntjie het vreeslik lekker gebly, baie netjies en skoon. Stil en rustig! Diens was puik!
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Tirsa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 180

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Oosweg 177, Pomona, Kemptonpark, 1631, Gauteng
  • Gaste dink OR Tambo Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oosweg 177, Pomona, Kemptonpark, 1631, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE0ZDAxNzRmLTlmMTMtNDViMy1hMzdiLTA1MWVjZGNjYTQ5ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 180 5 1 5 177 East Road Pomona 1631 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.107158922101 28.285322338343

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang