Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Orange Grove Mosesberg Cottage

Selfsorg
Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Aug 2024 tot 15 Des 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noree-weg, Orange Grove Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 464 R1 848 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Orange Grove Mosesberg Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis op 'n werkende wyn- en olyfplaas in die hartjie van Robertson se vallei van wyn en rose. Die kothuis lê hoog op 'n rand en word deur 'n olyfboord en natuurlike fynbos omring. Dit spog met panoramiese uitsigte oor die omliggende olyfboorde, wingerde, berge en valleie en is die ideale romantiese wegbreekplek.

Dié eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n groot instapstort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en spog ook met 'n houtkaggel. Verder is daar 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi.

Die eenheid lei na 'n stoep met 'n plonspoel wat 'n uitsig oor die wingerde, olyfboorde en op die berge bied. Hierdie eenheid het ook 'n ingeboude onderdakbraai-area en onderdakparkeerplek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Carlos Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 77

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Noree-weg, Orange Grove Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 464
R2 464 R1 848
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 464
R2 464 R1 848
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noree-weg, Orange Grove Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83752a20f500f64e0613126724615b5441692d6cb9ca77757a01144bc31ae02c3648fb0775c8d635f82d1ef285a1e5e30569?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 464 nouVanaf R1 848 per nag (plek vir 2) Noree Road Orange Grove Farm 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.742429 19.788948

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang