Orange Guestfarm
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 45, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
- Vanaf R495 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Orange Guestfarm is op 'n kleinhoewe in Augrabies geleë en bied verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Die gastehuis beskik oor 4 slaapkamers om van te kies of wat as 'n geheel vir 'n groter gesin of groep bespreek kan word. Kamer 1 is toegerus met 'n dubbelbed en 'n aparte, privaat badkamer met 'n stort, spa-bad, toilet en wasbak. Kamer 2 en 3 het elk 'n dubbelbed en deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n aparte gastetoilet vir gerief. Kamer 2 se bed kan ook in 2 enkelbeddens omskep word. Kamer 4 is ingerig met 'n dubbelbed en het sy eie privaat badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Daar is 'n gemeenskaplike sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met OpenView-kanale en Netflix, asook 'n klein gimnasium waar gaste basiese oefeninge kan doen. Gratis WiFi en plek in die yskas is beskikbaar vir gaste. Die leefarea en slaapkamers het 'n lugverkoelerstelsel.
Daar is lieflike gemeenskaplike braaigeriewe asook 'n plaasdam waar gaste welkom is om in te swem. Dié eiendom is toegerus met sonpanele en batterye wat tydens beurtkrag gebruik word.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Die Augrabies-waterval is 12 kilometer van die plaas af en gaste kan navraag doen oor doendinge in die area.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Henry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 59
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hoofstraat 45, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
- Gaste dink Orange Guestfarm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Augrabies Kalahari Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 45, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang