Orangegecko Cottage
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bataleur-straat 181, Phalaborwa, 1390, Limpopo
-
Vanaf
R1 750R1 488 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Orangegecko Cottage is in Phalaborwa, 'n dorp in Limpopo, geleë. Dit is die ideale bestemming vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed terwyl die oorblywende slaapkamer met 2 enkelbeddens ingerig is. Die gastebadkamer is toegerus met 'n toilet, wasbak en stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitkamer wat met gemaklike rusbanke gemeubileer is en 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Veilige parkeerplek, braaigeriewe en komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Gaste kan onder die lapa ontspan en 'n verfrissende swem in die swembad geniet.
Die eiendom is 2,5 km vanaf die wêreldbekende Krugerwildtuin-ingang geleë. Boonop kan gaste 'n bietjie gholf by die Hans Merensky-gholfbaan geniet, inkopies doen by die winkelsentrums en 'n goeie ete by restaurante soos Buffalo Grill & Bistro geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Leon Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- Bataleur-straat 181, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Orangegecko Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bataleur-straat 181, Phalaborwa, 1390, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang