Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oranjerus Resort

  • Kapasiteit: 50 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
  • Vanaf R680 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oranjerus Resort is aan die oewer van die Oranjerivier in die dorpie, Kanoneiland in die Groen Kalahari geleë. Dit is net 30 km buite Upington en die perfekte oornagplek vir gaste wat die Kgalagadi-oorgrenspark, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en die Namakwaland in blommetyd wil besoek.

Die oord bied 'n hele rits bekostigbare opsies. Gaste kan kies tussen verblyf in die Sakpas-chalets, Besigheidskamers, Luukse chalets, Rivier-chalets, Tentverblyf en Houthuisies. Al die eenhede beskik oor lugversorging, TV's, koffie- en teemaakgeriewe en yskassies. Al die chalets, behalwe die besigheidskamers en tente is ook vir selfsorg toegerus.

Die oord het 'n kroeg en 'n restaurant op die perseel met uitsigte oor die rivier en tuin. Gaste kan van die oord se geriewe gebruik maak. Dit sluit 'n swembad en braaigeriewe in. Verder is daar ook 'n konferensie- en trou-venue by Oranjerus beskikbaar.

Let asb. dat die restaurant gesluit is op Sondagaand en Maandag. Daar is dus nie ontbyt op Maandag nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 188 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Marius H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. O was very helpful. Dit was 'n baie lekker bly gewees.
Apr 2024
Willem D
5.0
Baie baie lekker. Sou net die stortdeur in die houthuisie vervang en 'n swart gietyster pot sal ook lekker wees.
Nov 2023
Barend C
Saam met lewensmaat
5.0
Een nag oorgeslaap vir 'n troue. Ontvangs het ons met aankoms die keuse gegee om verblyf op te gradeer na 'n kamer met 'n eie badkamer en lugversorgin...
Sien meer
Okt 2023
Antionette E
Gesin met klein kinders
5.0
Would love to go back again. Enjoyed our stay so much. Would love to stay a little longer next time. Perfect, beautiful river view was ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Marius L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer, mooi natuurskoon. Diens was puik, personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Sal definitief weer hul besoek.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Lourette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 188

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oranjerus Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fa5342e7d1acced400f5978eb645a0a0639b3ae7d35c4bc2e35c11eaa42c52c3b772a7188c3ec2e5ea3316839343736413a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R680 per nag (plek vir 2) 188 5 1 5 R359 Plot 152 8806 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.6385474 21.1172676

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang