Oribi Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Oribilaan 1206, Marloth Park-bewarea, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 090 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Oribi Kothuis is 'n grasdak-selfsorghuis in die Marlothpark-bewarea op die grens van die Krugerwildtuin. Hier kan gaste heerlik ontspan en die koedoes, sebras, kameelperde, rooibokke en vlakvarke dophou, wat tussen die huise rondwandel. Marlothpark is ook 'n voëlkyker se absolute paradys.
Oribi Kothuis het slaapplek vir maksimum 4 gaste. Dit het 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die solderkamer is bo en buite is daar 'n balkon, wat die ideale plek is om te sit en die wild dop te hou. Elke kamer het 'n plafonwaaier of staanwaaier, en daar is 'n lugversorger in die sitkamer. Gee TV is beskikbaar nie.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, yskas-vrieskas, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n houttafel met 6 stoele, en buite is daar 'n lieflike stoep met braaigeriewe en 'n plonspoel waarin gaste heerlik kan afkoel.
Marlothpark bied basiese geriewe soos 2 winkels, 'n verskeidenheid restaurante, en 'n hardewarewinkel, snuisterywinkel en drankwinkel. Inligting oor nabygeleë plekke en kontakbesonderhede van toergidse kan voorsien word indien jy op 'n safaritoer in die Krugerwildtuin wil gaan.
Gaste moet asb. hulle eie handdoeke, braaihout, drinkwater en muskietafweermiddel saambring.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Oribilaan 1206, Marloth Park-bewarea, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Oribi Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Oribilaan 1206, Marloth Park-bewarea, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang