Oryx Wilderness Game Lodge and Tented Camp
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
- Vanaf R3 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Oryx Wilderniss Game Lodge and Tented Camp is op 'n wildplaas in die groter Dinokeng-area van Cullinan geleë. Hierdie eiendom is ideaal vir gaste wat dit geniet om tyd in die bosveld deur te bring en wilde diere en voëllewe te sien.
Verblyf word in óf die Kurkboskamp óf die Doppruim Tented Camp gebied.
Kurkbos Camp is 'n selfsorg-eenheid wat tot 10 gaste kan akkommodeer en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die slaapkamers is ingerig met óf 'n koninggrootte-bed, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, en die badkamers het óf 'n bad óf net 'n stort.
Die eenheid beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, gasstoof, oond, toebehore, eetgerei en breekware. Die leefarea lei na 'n groot onderdakstoep met buitesitplek asook 'n privaat swembad en jacuzzi.
Die Doppruim Tented Camp word eksklusief vir een groep op 'n slag bespreek. Die kamp beskik oor 3 gemeubileerde tente wat tot 6 gaste kan akkommodeer. Elke tent is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamers is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamp beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n gas yskas en stoof, breekware en eetgerei. Die hele kamp is sonkrag-aangedrewe.
Gaste kan braaigeriewe op die perseel geniet; stap en visvang (vang-en-vrylaat) word slegs in aangewese gebiede toegelaat.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Madalize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
- Gaste dink Oryx Wilderness Game Lodge and Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang