Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ostrich Cottage

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Sep 2024 tot 29 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Volstruisstraat 1596, Marlothpark, 1301, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 R900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Ostrich Cottage is 'n gerieflike selfsorg-toevlugsoord in Marlothpark, 'n wildbewarea en vakansiedorp wat op die suidelike grens van die Krugerwildtuin geleë is. Hierdie bekoorlike vakansiedorp is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin reis en is ook die tuiste van 'n verskeidenheid wild, wat 4 diere uit die Groot 5 insluit.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en die solderkamer het 4 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers in die huis, die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en kookgerei toegerus. Die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Die leefarea lei na 'n lieflike stoep wat met braaigeriewe, buitemeubels en 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel, spog. Gratis WiFi en onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die aktiwiteite in die area sluit wildritte, wildkyk, voëlkyk, 4x4-roetes en voetslaan in. Gaste kan ook 'n verskeidenheid aktiwiteite by die Krugerwildtuin geniet.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 4 mense
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Bad, Toilet met bidet
Badkamer 2

Stort, Toilet met bidet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Josie H
Gesin met tieners
5.0
Awesome. We had an awesome stay at Ostrich Cottage. The cottage is very clean and has everything you need for a long stay. The property...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Lucia P
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike rus verblyf. Die verblyf was baie gerieflik en ruim. Die kombuis is goed toegerus, en die kuierarea buite was heerlik om te sit en die diere ...
Sien meer
Jul 2024
Yolindie O
Gesin met klein kinders
5.0
Aangenaam. Baie aangename verblyf.
Jun 2024
Inez V
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing comfortable unforgettable. The place was wonderful, clean, comfortable, and everything that we needed was there. I would go ba...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Christelle C
Saam met vriende
5.0
Ek sal definitief Ostrich Cottage vir enige iemand aanbeveel. Ons het baie lekker gebly en alles is perfek in die huis.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Volstruisstraat 1596, Marlothpark, 1301, Mpumalanga
  • Gaste dink Ostrich Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R1 000 R900
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 000
R1 000 R900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Volstruisstraat 1596, Marlothpark, 1301, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2ae3008c3ed18996c057e6fff6d87e0441574f51bc8c3a43b8dff1826f8993e2a986537390fef5a00f74eb29de01211a1c13?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R900 per nag (plek vir 8) 15 5 1 5 1596 Volstruis Street Marloth Park 1301 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 09:00 -25.3461532 31.7586149

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang