Otjimbondona Kalahari
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Op die M51, Khomas-streek, 0000, Khomas
- Vanaf R17 980 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Otjimbondona Kalahari is 'n eksklusiewe, luukse Afrika-toevlugsoord tussen kameeldoringbome met 'n uitsig oor die Kalahari-landskap se goue gras. Otjimbondona is 120 km suidoos van Windhoek en 80 km vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe op 'n privaat natuurreservaat van 3000 hektaar aan die rand van die Kalahari.
Hierdie boetieklodge het 4 villas wat slaapplek aan 8 gaste bied en is die perfekte plek om jou Namibiese avontuur te begin of te beëindig, asook 'n toevlugsoord vir diegene wat bloot wil ontspan.
Daar is 4 villas wat ver uitmekaar geleë is vir absolute privaatheid. Elke villa het sy eie sitarea met 'n kaggel, 'n kombuisie met 'n koffiemasjien, ketel en 'n yskas, asook 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die villas het groot glasdeure om 'n uitsig oor en nabyheid aan die natuur te bied.
Elke villa het 'n dek wat ideaal is vir sonbaai, 'n plonspoel om in af te koel en 'n Jacuzzi waarin jy 'n masseersessie kan kry voor jy vir die aand bed toe keer. Elke villa het 'n onderdaksitarea wat oop is aan die kante, met 'n sonstoel en hangstoel, perfek om met 'n boek te ontspan, 'n middagslapie te vang of na die ryk natuurlewe om jou te kyk.
Daar is 2 watergate wat wildkyk of voëlkyk vanuit die gerief van jou onderdaksitarea of dek bied. Otjimbondona, beteken "die plek waar die klein kameeldoringbome groei" in die die Herero-taal.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Op die M51, Khomas-streek, 0000, Khomas
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Op die M51, Khomas-streek, 0000, Khomas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang