Ou Kraal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karatara-weg, Godsland Plaas, Karatara, 6580, Wes-Kaap
- Vanaf R1 290 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ou Kraal is 'n bekoorlike kothuis op 'n werkende plaas in die Karatara omgewing, omring deur die skilderagtige platteland, en bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stadslewe.
Dié kothuis bied 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk, terwyl die leefarea 'n kinderbank vir 2 het, sowel as 'n enkelbed. Die badkamer het 'n groot stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis lei na die leefarea en is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe (filtermasjien en koffie pods masjien) toegerus. Die leefarea het 'n TV en gemaklike rusbanke.
Die kuierarea het 'n heerlike kaggel met sitplekke, 2 etenstafels, 'n snoekertafel, darts, 'n tennistafel en Jacuzzi. Hierdie leefarea is vir die gaste en aan die kothuis gebou. Dit beskik oor 'n buite braai area ook. Die 2 meter hoëe deck is ook gewild om die pragtige sonsondergang in te drink en die voël en diere lewe te besigtig. Die plaas beskik ook oor 5 wandelpaaie, 'n lekker plaasdam om in te swem en 'n piekniek area by die stroom.
Komplimentêre WiFi, veilige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar.
Teerpad tot op Ou Kraal vanaf die N2. Sedgefield is ongeveer 15km ver, en die gewilde Garden Route Bike Trail is 9km weg. Slegs vir Motorfiets ryers het ons braai en ontbyt pakette beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Ligging
- Karatara-weg, Godsland Plaas, Karatara, 6580, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karatara-weg, Godsland Plaas, Karatara, 6580, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang