OuKlip Game Lodge
Kry 20% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 78 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantlaan Erf 59, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
-
Vanaf
R1 980R1 584 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
OuKlip Game Lodge bied luukse tentverblyf in die Groot 5 Dinokeng Wildreservaat, net 50 km noord van Pretoria. Die wildreservaat is veral bekend vir beeldskone roetes en wildkyk-geleenthede, en is die perfekte wegbreekplek vir diegene wat uit die besige stad wil ontsnap.
Verblyf word in 14 luukse tente gebied. Elke tent het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n koningingrotte-bed, dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Elke tent het ook 'n onderdakkombuisie wat met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Elke tent het ook 'n stoep met braaigeriewe en 'n privaat ingang.
Die OuKlip Plaashuis is 'n vierslaapkamerhuis met 2 badkamers, 'n groot, oop eet- en leefarea, 'n kombuis en 'n voorstoep met 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n klein, privaat plonspoel en 'n boma. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 gedeelde badkamers, elk met óf 'n bad óf 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n oond, gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Daar is 2 swembaddens op die perseel en veilige parkeerplek. Gaste kan hul oë vir die Groot 5 oophou, wildkyk, wildritte geniet en op selfryroetes gaan.
Aktiwiteite in die omgewing sluit baarsvang, voëlkyk, wildkyk, visvang, Groot 5-wildritte en begeleide staptoere in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nell Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 434
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Fisantlaan Erf 59, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink OuKlip Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 78 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantlaan Erf 59, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang