Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ouma Joey's

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 650 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Ouma Joey's is 'n bekoorlike drieverdieping-selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Nature's Valley in Tsitsikamma. Ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n gerieflike maar unieke wegbreek, naby die strand en weg van die stadslewe.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Op die grondvloer is 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met 'n enkelbed. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei hierdie kamers is op die eerste verdieping geleë en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof, en 'n ketel asook 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek.

Die derde verdieping is perfek om familie of vriende te vermaak en beskik oor 'n kroeg, bordspeletjies, gemaklike rusbanke en 'n snoekertafel. 'n Opwaskamer met 'n wasmasjien, ekstra vrieskas en tuimeldroër is op die grondvloer geleë. Vir die boekwurms is daar ook 'n leeskamer met 'n verskeidenheid boeke om van te kies.

Buite onder die bome is 'n lieflike braai-area waar gaste saam maaltye kan kook. Vuurmaakhout, binne perke, word voorsien. Daar is een toesluitmotorhuis en veilige parkeerplek van die straat af beskikbaar. Dienshonde is welkom indien dit vooraf gereël word.

Gaste kan die Tuinroete verken vanaf hierdie ideaal geleë wegbreek of bloot ontspan en die son geniet. Die kombinasie van see, strandmeer, inheemse woud, fynbos en berge komplementeer die rustigheid van hierdie baie bekoorlike vakansiedorpie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 7 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort-oor-bad, Bad, Toilet met bidet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Tharia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ouma Joey's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 650
per nag, vir 7 mense
Vanaf
Vanaf R3 650
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65df7b1723a3ef17d6b30b73806740994e10aa735a37d4d12e064acf57af0cbaff30e959268a37a3c5c59a448cecfbf7ef5e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 650 per nag, vir 7 mense 1 5 1 5 Erf 393 Saint Georges Avenue 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.97834531183 23.561653981467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang