Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ouma se C Huisie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ouma se C Huisie is 'n lieflike vakansiehuis in De Kelders en is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende, of selfs 2 paartjies met hul babas. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 4 gaste op 'n slag. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en oorgenoeg kasspasie vir opberging. Daar is ook 'n losstaande baba-kampbedjie beskikbaar vir 'n baba, asook 'n enkelbedmatras vir die ouer met kinders. Verder is daar 'n slaapbank in die TV-kamer vir 'n ekstra gas of paartjie om op te slaap. 'n Baba-stootwaentjie om mee op die strand te stap of net in die dorp te kuier, is beskikbaar. Die huis deel 'n ruim badkamer met 'n toilet, bad, wasbak en stort asook 'n aparte gastetoilet.

Die kombuis is toegerus vir langtermynverblyf en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof met 'n oond, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in. Die sitkamer en eetarea het oorgenoeg sitplek en daar is 'n binnebraai waar gaste lekker saam 'n maaltyd kan voorberei. Daar is 'n TV in die sitarea met DStv en WiFi.

Die huis het 'n onderdakbraai-area buite met groot werkspasie en 'n wasbak.

Gaste kry veilige parkeerplek in die motorhuis vir 1 voertuig asook oop parkeerplek van die straat af vir addisionele voertuie. Die huis het 'n alarmstelsel en 'n afstandbeheerde motorhuisdeur.

Die agterplaas is wonderlik vir die diere om vry te loop en daar is 'n wasgoedlyn om nat klere op te hang. Daar is diefwering voor elke venster asook 'n veiligheidshek by die voor- en agterdeure.

Stanford's Bay is naby geleë met 'n lekker groot grasperk en genoeg spasie om in die son te bak en 'n piekniek te geniet. Honde word ook by hierdie strand toegelaat. Gansbaai is 6 minute se ry weg met al die inkopiegeriewe wat gaste sal benodig.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet met bidet
Badkamer 2

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Marius B
Saam met lewensmaat
5.0
Great stuff. Ons het baie lekker gebly en ons gasheer was baie vriendelik.
Jul 2024
Zana Manzi Services (pty) Ltd R
Besigheidsreis
5.0
Good. All was good, WiFi a bit weak and garage door did not work.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Destemonia B
Saam met lewensmaat
5.0
Dankie ons het baie lekker gebly. Als wat ons benodig het was daar. Ouma se C huisie is tops, net wat ons nodig gehad het.
Mei 2024
Elsabe C
Saam met vriende
5.0
Onvergeetlike kuier saam my ouers op lieflike dorpie. Ons het vreeslik lekker gebly. Binne stap afstand van see. Lieflike groot kuier en bly huis. Gem...
Sien meer
Feb 2024
Antoinette B
Saam met vriende
5.0
Ons was 4 dames en het soos konings gekuier! Ouma se C Huisie is 'n baie lekker plekkie, skoon en netjies met alles wat nodig is. Ek sal dit sterk aan...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Alicia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ouma se C Huisie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIm4yizfibEuMSnVuUhVbzmRqLaUX9OGL9wrBy9JrcL7fURyx8O?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 50 5 1 5 10 Hoofweg De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.556521886532 19.368801631894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang