Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ouma's Kothuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ouma's Kothuis is in die boomryke Karoodorp, Vosburg geleë.

Verblyf word in 3 gastekamers wat 2 badkamers deel, gebied. Daar is 2 kamers wat elk 2 enkelbeddens het en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke kamer het 'n plafonwaaier en deel gaste die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n toilet. Linne en badhanddoeke voorsien.

Die gemeenskaplike kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel.

Ouma's Kothuis word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek word voorsien. Die verblyf is omhein en troeteldiere is met 'n vooraf reëling welkom.

Gaste kan langs die boomryke strate kuier, die Karoohuise besigtig of die Country Museum besoek. Ontbyt en ligte etes kan by Die Ketel, 'n koffiewinkel, bestel word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Annelize H
5.0
Huislike atmosfeer - voel tuis. Gerieflik en baie skoon.
Sep 2024
Daphne D
5.0
Lekkerste plek, met vriendelike mense in Vosburg. Baie lekker gebly. Lekker geslaap in 'n gemaklike bed. Het die spasie in die huis geniet. Veilig.
Aug 2024
Chris Victor L
5.0
Koud gearriveer, maar na 'n lieflike warm bad my koppie koffie geniet. Salig! Kon nie vir 'n mooier of rustiger oornag blyplekkie gevraag het nie. En ...
Sien meer
Jun 2024
Mark T
5.0
Clean, comfortable and homely . What a gem - highly recommended, especially for a family. I will definitely stay here again!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Martie W
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n lieflike en gerieflike kothuis! Wat 'n juweel op 'n baie klein dorpie! So gerieflik met 3 slaapkamers, slaapplek vir 6 grootmense! Baie geriefl...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elsabe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 70, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ouma's Kothuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vosburg Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef86d400f0c0926a467906088c52478b58e63bbeb424ae97da0530a1b50b5d4c487f114f076b89fb7b120b90d83fdbfb3cbf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 70 Church Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.575285057188 22.880506417124

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang