Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oupa Daan

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St George's Laan 245, Nature's Valley, 6602, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oupa Daan is in die kusdorpie Nature's Valley in die hart van die Tuinroete geleë. Die dorpie is sowat 30 km oos vanaf Plettenbergbaai.

Dié selfsorghuis kan as ’n geheel bespreek word of as aparte eenhede en dit bied slaapplek aan tot en met 10 gaste.

Eenheid 1 is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkel eddens wat in ‘n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, stoof en 'n oond toegerus. Daar is twee en suite-badkamers asook ‘n buitestort met warm water. Die eenheid het braaigeriewe.

Eenheid 2 bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers - die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus. Die kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, stoof en 'n oond toegerus. Die badkamer is onlangs opgeknap en daar is ‘n buitestort met warm water. Verder is daar ’n ruim sit- en eetarea asook ‘n groot dek met 'n braai-area tussen die inheemse bome.

Eenheid 3 bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n toegeruste kombuis, asook 'n moderne badkamer met 'n stort. Daar is 'n dek waar gaste kan uitspan.

Nature's Valley is ideaal vir gaste wat die Tuinroete wil verken of wat net wil terugsit en ontspan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Cristian S
Gesin met tieners
5.0
Wonderful. This place is great and my family and I had a wonderful time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Hennie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ruim, goed ingerig, rustig. Oupa Daan is 'n baie lekker vakansiehuis. Goed ingerig en ruim. Mooi uitsig vanaf die dek.
Feb 2024
Elvia W
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige mooi huis so in die natuur! Ek en my man het daar tuisgegaan vir twee dae en dit was net te kort - ons het heerlik daar gebly. Ons is natuur ...
Sien meer
Nov 2023
Tarryn P
Saam met lewensmaat
4.8
Was lovely, very comfortable- would stay again! I would just suggest that a lighter is left in the room so that if the electricity is o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Marita T
Gesin met klein kinders
4.8
Fantasties mooi! Dis pragtig, met oudtyse en moderne geriewe, alles mooi uitgerus. Familie huis waarop hulle baie trots is! Besonderse plek waar mens ...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 31

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • St George's Laan 245, Nature's Valley, 6602, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oupa Daan het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St George's Laan 245, Nature's Valley, 6602, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2aa25eedd43cc8a85463a04b046549acbc57bc4e3a3bf09097c072efca1425f3a9314e6f120f7320dca68271437b3f83317e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 245 Saint Georges Avenue Nature's Valley 6602 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.9794034 23.5584548

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang