Ouplaas Farm Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Holfontein-plaas, Ottosdal, 2610, Noordwes
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Ouplaas Farm Guest House is 13 km buite Ottosdal geleë, tussen eeue-oue bome en 'n pragtige lowergroen tuin, dit is 'n oase in Noordwes Provinsie. Die gastehuis is 'n betowerde, aristokratiese sandsteengebou met 'n eiesoortige karakter en ouwêreldse sjarme.
Die gastehuis bied verblyf vir verskeie sport- en ander geleenthede in hierdie area soos die Ottosdal Nite Race. Dit is 'n ten volle versorgde fasiliteit wat wêreldklas diens bied. Gerieflike konferensie- en trougeriewe is ook beskikbaar. Doendinge op die perseel sluit 'n dam van 20 hektaar in, ideaal vir waterski, kanovaart en swem. Daar is ook 2 tennisbane, voëlkyk, perdry en voetslaanroetes.
Julle gashere, Coert en Magdalena Coetzee, woon en werk al die afgelope 30 jaar op die plaas. Magdalena se liefde vir musiek, mense, binneversiering en lekker kos gee Ouplaas ’n eiesoortige karakter en atmosfeer. Magdalena en Coert is ook bekend vir hul gasvryheid met styl, waar gaste die plaaslewe en die rustigheid wat dit bring by Ouplaas sal ervaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Magdalena Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 43
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Holfontein-plaas, Ottosdal, 2610, Noordwes
- Gaste dink Ouplaas Farm Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordwes
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Holfontein-plaas, Ottosdal, 2610, Noordwes
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang