Oupoort Eco and Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sutherland Distrik Streekspad R354, 66 km vanaf Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Oupoort Eco and Guest Farm bied selfsorgverblyf in 'n ouwêreldse kliphuis, ideaal vir 'n gesin, vriende, motorfietsryers, kampeerders en reisigers. Die plaas is 66 km vanaf Sutherland, waar gaste die rustigheid van die Karoo kan geniet.
Die huis funksioneer onafhanklik van die nasionale kragnetwerk en maak van sonkrag en boorgatwater gebruik. Dit beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en in die derde slaapkamer is 'n dubbelbed, sowel as 'n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 1 enkelbed en 'n stapelbed. In die badkamer is 'n stort-oor-bad.
Daar is 'n 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Hier is 'n tweede sitarea met 'n pooltafel. Die kombuis is met 'n yskas, Aga-oond en stoof, 'n mini-oond en tweeplaatstoof, asook 'n tafel en stoele toegerus. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n kaggel.
Die plaas bied pragtige sonsopkomste en -ondergange, sterrekyk, asook begeleide eko-staproetes, fietsryroetes en donkiekarritte.
Die plaas is op die R354 en is 20 km vanaf Middelpos geleë. Dit is onderweg na en van die Tankwa Karoo Nasionale Park, wat 69 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Juanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Sutherland Distrik Streekspad R354, 66 km vanaf Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Oupoort Eco and Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaap Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sutherland Distrik Streekspad R354, 66 km vanaf Sutherland, 6920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang