Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Our happy place in Arniston

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 5de Laan 9, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 650 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Our happy place in Arniston is 'n selfsorgvakansiehuis in dié idilliese kusdorpie. Die bekoorlike en ruim grasdakkothuis is die ideale verblyf vir 'n gesin of groep vriende en dit spog met lieflike kuierareas binne en buite.

Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvol versierde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die eerste badkamer het 'n bad, instapstort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad, stort-in-bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is oopplan met die leefarea en is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland met sitplek. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na die leefarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n slim-TV met Netflix en DStv. Gaste moet met hul eie besonderhede inteken. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die eiendom het 'n lieflike buite-area. Daar is gemaklike buitemeubels en 'n braai-area waarvan gaste gebruik kan maak. Die huis is in 'n stil straat en dis stapafstand vanaf die strand en Arniston Hotel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Stephanie D
Gesin met klein kinders
5.0
Fabulous! Pictures of the house don't do this home justice. Lovely and spacious, well-kitted out.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Julia S
Saam met vriende
5.0
A lovely mini-stay! Welcoming and informative communication from the minute the booking was confirmed. Friendly and competent service. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Marius B
Gesin met klein kinders
4.8
Baie mooi en gepaste dekor vir 'n see huis, en oor genoeg ruimte en sitplek. Ons het 'n ongelooflik lekker naweek gehad. Die kombuis is lekker ruim en...
Sien meer
Feb 2024
Danielle D
Gesin met tieners
4.6
Our old time favourite Renosterfontein. Baie lekker gebly. Dit was ons derde keer.
Jun 2024
Nidia L
Saam met vriende
4.4
Oulike plek. Waarsku tog oor eie hout en blits wat self voorsien moet word. Oulike plekkie met genoeg kuier ruimtes vir groot groep vriende of twee fa...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jeremy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 5de Laan 9, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Our happy place in Arniston het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 5de Laan 9, Arniston, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA240ec13798794d4ccb0d4adb7afc3aa0ce2dad17538a000603752c2a89930c11d0e328ba35735be53a3767f675cc6c4bb563?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 9 5th Avenue Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -34.666186823161 20.226828245569

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang