Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Our Place

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Generaal Fick-straat 16, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Our Place bied veilige, sentrale selfsorgverblyf in die dorpie Dan Pienaar in Bloemfontein.

Daar is 2 eenhede, naamlik Ons Plek en die Kothuis.

Ons Plek bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer, kombuis en sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort.

Die kombuis is met 'n mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na die leefarea met gemaklike rusbanke voor 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die rusbanke kan ook gebruik word as slaapplek vir 3 ekstra gaste. WiFi is beskikbaar.

Die Kothuis is 'n aparte eenheid met sy eie ingang en tuin. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, broodrooster, ketel en lugbraaier toegerus. Daar is herlaaibare ligte wat gaste tydens beurtkrag kan gebruik. Lugversorging en WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot aparte ingange en daar is veilige parkeerplek. Die swembad en braai-area is ook beskikbaar vir gaste se gebruik. Die eenhefr is naby plaaslike winkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Zandri M
Gesin met tieners
5.0
Veilig en netjies. Baie lekker blyplek teen 'n goeie prys. Die eenheid is goed toegerus met alles wat mens dalk kan benodig, en het perfek gewerk vir ...
Sien meer
Jul 2024
Karinda B
Gesin met tieners
5.0
Heerlik en rustig, weg van stad se lawaai. Sanita het ons baie vriendelik ontvang. Die plek is baie netjies en perfek as jy oorslaap vir sport. Ons sa...
Sien meer
Mrt 2024
Elme S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik en uitstekend vir honde weg van ander af. Ons kon met gemak ons twee honde veilig laat loop sonder enige iemand wat naby kom danksy hul...
Sien meer
Jan 2024
Sanet R
Gesin met tieners
5.0
Goed ingerigte plekkie, gerieflik. Dankie vir die moeite.
Jul 2023
Adel N
Gesin met tieners
5.0
Sommer tuis gevoel. Ideaal vir gesin met 2 of 3 kinders. Die kinders het WiFi en TV-boks geniet met Netflix, sal dit regtig aanbeveel as jy rustigheid...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sanita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Generaal Fick-straat 16, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Our Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Generaal Fick-straat 16, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA940fa4d134cb381617fb9a6956adc9e96e366ddc8bc8212f7565afe3ee9011149b8ad19fb26e8591cc3a8ca09e27e4369ca1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 16 Generaal Fick Street Dan Pienaar 9300 Vrystaat 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -29.0861839 26.2076314

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang