Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Outdoor Arena

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Vanaf R992 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Outdoor Arena bied verblyf in bekoorlike houthuisies wat op stelte gebou is en op Roete 62 in Bonnievale in die Wes-Kaap geleë is. Dit is ideaal vir paartjies, gesinne of vriende wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid in 'n rustige area, naby verskeie doendinge.

Verblyf bestaan uit 3 verskillende kamerseksies wat vir selfsorg of net as kamers bespreek kan word.

Die eerste seksie, Fishing Villages, bestaan uit 3 eenhede. Elke eenheid het slaapplek vir 6 gaste. Elke houthuisie het ook 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens asook 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea. Daar is ook 2 en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette, en ander bykomende geriewe.

Die tweede seksie, The Lodge, bestaan uit 2 suites en elke suite het slaapplek vir 4 gaste. Elke houthuisie het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, en kan vir selfsorg bespreek word. Dié eenhede deel 'n volledig toegeruste kombuis met die Backpackers-seksie.

Outdoor Arena bied 'n restaurant op die perseel met verskeie heerlike maaltye. Daar is 'n a la carte-spyskaart, wegneemetes is beskikbaar en die restaurant het 'n lieflike kaggel. Daar is 'n plonspoel op die perseel en 'n sportkroeg met verskeie drankies en 2 TV's.

Die lodge bied 'n uitstekende venue wat ideaal is vir konferensies, troues, spanbou en ander funksies met plek vir 80 afgevaardigdes. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is ook verskeie doendinge op die perseel en in die omgewing, soos voëlkyk, visvang, gholf en begeleide toere na die visbroeiplek.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kombuisgeriewe
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Laetitia S
5.0
Skoon, ruim, veilig, die moeite werd. Lieflike ruim huis, net jammer van die storte se warm water probleem. Sal beslis weer by Outdoor Arena gaan bly,...
Sien meer
Des 2023
Engela B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was heerlik, en die beste was daardie groot vis! Dit is heerlik om so op die water te kan bly, buite te sit en te braai, en van jou stoep af te he...
Sien meer
Okt 2023
Jerry V
Saam met vriende
5.0
Baie interessant. Pragtige uitsig, rustig en aangename atmosfeer.
Aug 2023
Roelene V
Saam met vriende
5.0
Dis 'n lieflike plek, net jammer ons kuier was so kort. Mooiste uitsig en baie netjies daar. Stel net voor dat hul 'n blinding by die voordeur hang.
Jul 2023
Alta K
5.0
Fantasties! Pragtige netjiese plek met veilige parkering en rustige atmosfeer. Ek kom beslis weer.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outdoor Arena het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 992
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 992
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg3YzkyZGQ1LWM5MzUtNDczYy04ZGFlLWJjZmYzZjE1MWRjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R992 per nag, vir 2 mense 53 5 1 5 48 Main Road Bonnievale 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.93979 20.09131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang