Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Outdoor Arena

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Vanaf R992 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Outdoor Arena bied verblyf in bekoorlike houthuisies wat op stelte gebou is en op Roete 62 in Bonnievale in die Wes-Kaap geleë is. Dit is ideaal vir paartjies, gesinne of vriende wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid in 'n rustige area, naby verskeie doendinge.

Verblyf bestaan uit 3 verskillende kamerseksies wat vir selfsorg of net as kamers bespreek kan word.

Die eerste seksie, Fishing Villages, bestaan uit 3 eenhede. Elke eenheid het slaapplek vir 6 gaste. Elke houthuisie het ook 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens asook 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea. Daar is ook 2 en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette, en ander bykomende geriewe.

Die tweede seksie, The Lodge, bestaan uit 2 suites en elke suite het slaapplek vir 4 gaste. Elke houthuisie het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, en kan vir selfsorg bespreek word. Dié eenhede deel 'n volledig toegeruste kombuis met die Backpackers-seksie.

Outdoor Arena bied 'n restaurant op die perseel met verskeie heerlike maaltye. Daar is 'n a la carte-spyskaart, wegneemetes is beskikbaar en die restaurant het 'n lieflike kaggel. Daar is 'n plonspoel op die perseel en 'n sportkroeg met verskeie drankies en 2 TV's.

Die lodge bied 'n uitstekende venue wat ideaal is vir konferensies, troues, spanbou en ander funksies met plek vir 80 afgevaardigdes. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is ook verskeie doendinge op die perseel en in die omgewing, soos voëlkyk, visvang, gholf en begeleide toere na die visbroeiplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Marissa V
Saam met lewensmaat
4.8
Outdoor Arena was presies wat ons nodig gehad het, ons kom vir seker weer! Heerlike ruskans en herlaainaweek.
Jan 2025
Nick P
Saam met lewensmaat
4.8
Rustigheid vir die siel beslis ja. Vriendelike ontvangs van ontvangsdame. Verblyf was 'n lekker rustige atmosfeer. Voëltjies gepiep wek jou op oggendu...
Sien meer
Des 2024
Faith T
4.4
Fantastiese eenvoudige wegbreek. Dit was baie lekker om daar te slaap, baie rustig en veilig.
Sep 2024
Ania T
Saam met vriende
4.4
Good value for money and loved the log cabin set up. Great place to stay with sufficient amenities, with proximity to the local superma...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Jacqui S
Gesin met klein kinders
4.2
Interesting place and great concept. Great location for a summer holiday. We were only two and think the space would be better for a bi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outdoor Arena het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 992
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 992
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Road 48, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg3YzkyZGQ1LWM5MzUtNDczYy04ZGFlLWJjZmYzZjE1MWRjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R992 per nag, vir 2 mense 56 5 1 5 48 Main Road Bonnievale 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.93979 20.09131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang