Outeniquabosch Lodge
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blesbok-weg DK120, Brandwacht, Hartenbos, 6507, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Outeniquabosch Lodge is op 'n krans aan die oewer van die Brandwagrivier in Brandwacht, Hartenbos geleë. Hierdie unieke lodge bied die rustigheid wat 'n mens verlang tydens 'n wegbreek of vakansie en daar is ook 'n magdom doendinge om jou te vermaak.
Die lodge se akkommodasie bestaan uit 8 ruim eenslaapkamer-chalets wat in 'n ommuurde tuin geleë is. Die eenhede is stylvol ingerig en elke chalet bied: 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, 'n plafonwaaier, oorgenoeg ingeboude kaste met 'n laaikas, 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale, en elke ander gerief wat jy mag nodig kry. Elke chalet het sy eie braaigeriewe vir jou gerief en genot. Die lodge het ook 'n versameling akkommodasie- en aktiwiteitspakkette wat met aankoms gereël kan word met sommige maaltye en wildritte ingesluit.
By Outeniquabosch Lodge kan gaste lekker in die groot swembad afkoel op warm somerdae. Gaste kan ook by die gemeenskaplike braai-area kuier, of by die lapa waar drankies en maaltye bedien word. Die lodge bied 'n restaurant op die perseel en 'n kroeg met 'n oop kaggel. Die restaurant en kroeg kan tot 100 mense binnenshuis akkommodeer en op die dek is daar nog plek vir 20 gaste buite.
Baie doendinge, toere en geriewe is beskikbaar in die omtrek wat of gereël kan word of sommer op die perseel is. Dus is Outeniquabosch Lodge ideaal as 'n konferensie-venue, vir spanbou of opleiding, troues of 'n rustige vakansie.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Blesbok-weg DK120, Brandwacht, Hartenbos, 6507, Wes-Kaap
- Gaste dink Outeniquabosch Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blesbok-weg DK120, Brandwacht, Hartenbos, 6507, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang