Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Over Karoo Inn

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tennant-weg 16, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Over Karoo Inn is in Barrydale op die gewilde Route 62 wat tussen Kaapstad, Oudtshoorn, die Tuinroete en Gqeberha (Port Elizabeth) strek.

Barrydale is op die grens tussen die Overberg en die Klein-Karoo geleë en is die ideale plek vir 'n ontspannende wegbreek. Dis 'n gerieflike oornagplek en is 'n goeie basis vanwaar gaste die R62 se dorpies en besienswaardighede kan verken.

Die verblyf is stapafstand vanaf interessante winkels en restaurante. Die Barrydale Toerisme Inligtingsentrum is ook baie naby.

Naby die verblyf is daar ook die Tradauw-bergpasse, voetslaan- en bergfietsrypaaie, 'n branderwynkelder, wynproe, boetiekbier, 'n natuurreservaat, 'n wildoord en warmwaterbronne.

Over Karoo Inn het 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 'n derde kamer wat geskik is vir 'n gesin met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die kamers het ekstra lang beddens met 100% kantoenlinne. Daar is 'n waaier, gasverwarmer en elektriese kombers. Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kamers het elk 'n yskassie, ketel, haardroër, breekware, eetgerei, tee- en koffiemaakgeriewe en warm sjokolade. Gaste kan op die privaat stoep sit en die berg-uitsig en voëllewe geniet.

Braaigeriewe, gratis WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Lindie O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en skoon. Goeie gehalte linne en handdoeke en alles het so lekker gegaan. Goeie ligging. Baie oulik uitgelee. Het alles wat mens benodig ...
Sien meer
Sep 2024
Herman V
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld, skoon en netjies. Spiekeries en pragtig! Alles wat mens benodig en meer is in die eenheid. Die gasvrou het uit haar pad gegaan om ons...
Sien meer
Sep 2024
Piet V
Saam met lewensmaat
5.0
Beste Karoo ondervinding ooit. Uitstekende verblyf en toegerus met alles wat jy kan nodig kry. Kwaliteit beddegoed en die eenheid is smaakvol versier ...
Sien meer
Sep 2024
Heidi V
Saam met lewensmaat
5.0
Die tuine en blyplek is pragtig vol interessanthede. Beslis die moeite werd. Dis 'n pragtige plek, maklik om te kry. Goed ingerig en stapafstand van e...
Sien meer
Jul 2024
Esmé J
Saam met vriende
5.0
Karoo hospitality at its best. Over Karoo Inn is an absolute gem. The location is perfect, the accommodation is clean and beautifully a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Tennant-weg 16, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
  • Gaste dink Over Karoo Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tennant-weg 16, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4a8aeb72839f7bbb2c333281ed5974f60897e6a082c02f707f62d536b663736028feec4e9db3148701bd9345b20410489329?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 16 Tennant Road Barrydale 6750 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.90450495148 20.717741536385

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang