Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pa se Engel Oppi Plaas

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartebeesfontein, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pa se Engel Oppi Plaas is op 'n werkende skaapplaas ongeveer 20 km vanaf Sutherland en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stad se gewoel.

Verblys is in Die Skooltjie met slaapplek vir 6 gaste beskikbaar. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die solderarea het 'n dubbelbed. Die Meulhuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. 'n Addisionele enkelbed is in die sitarea beskikbaar. Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die gasgeisers voorsien warm water tydens beurtkrag. Paneelverwarmers, elektriese komberse en vere-duvets is in die slaapkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die hoofleefarea van elke kothuis beskik oor 'n kombuis, eetarea en 'n knus sitarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale etenstafel met sitplek vir 4 toegerus. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite elke eenheid is daar 'n groot stoep met 'n ingeboude raai en uitsigte oor die omliggende plaas.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jayne B
Gesin met tieners
5.0
Karoo at its best. Divine quiet farm stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Adamarie M
Saam met vriende
5.0
Pragtige akkommodasie op 'n plaas met alles wat jy nodig het. Klem op detail. Die akkommodasie het ons weereens met ope arms verwelkom. Lieflike huisi...
Sien meer
Jun 2024
Karen P
Gesin met tieners
5.0
A charming delight! An incredibly quaint cottage full of the unexpected! Perfectly equipped with everything you need, including an indo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Bernard F
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing, peaceful, quiet - worth coming back over and over again. Amazing, everything at Pa se Engel Oppi Plaas was perfect. The cottag...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Johannes R
5.0
Oulike plek met besonderse dekor. Slegs een aand oorgeslaap. Alles wat ons nodig gehad het, was beskikbaar. Het lekker gebly vir die een aand.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hartebeesfontein, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Pa se Engel Oppi Plaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartebeesfontein, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe2ab5ec4c72032e35080124f59c0571b7bb0f266d1a92171977d5ab3bd04c6207ff08b3c0d448d6d0954039daec8d087478?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Hartebeesfontein Sutherland 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.399825748827 20.522641723755

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang