Palmboom
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaantjie-draai 7, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Palmboom bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde tweeslaapkamerwoonstel in Jacobsbaai. Die woonstel is op die eerste verdieping op 'n woonerf geleë waar die eienaar ook woon en word met 'n trap bereik.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Babas wat in hul eie bedjies slaap woon gratis. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware vir 4 gaste toegerus. Daar is ook 'n TV met volledige DStv-kanale en WiFi, 'n toegeboude balkon met braaigeriewe en stapelvensters met 'n uitsig oor die see.
Die woonstel is net 140 m van die see af. Daar is ’n toesluitmotorhuis. Die eenheid het 'n omsetter en sonpanele in geval van beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Thersia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 100
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Baviaantjie-draai 7, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Gaste dink Palmboom het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaantjie-draai 7, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap