Panhandle Place Cottages
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 122 B, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Panhandle Place is 'n vreedsame en veilige hawe in die stad en bestaan al vir 20 jaar. Die verblyf bied verskeie selfsorgopsies in 'n pragtige tuinopset in Linden, 'n boomryke voorstad van Johannesburg met breë strate en groot erwe.
Dié area bied maklike toegang tot die hoofweë, The Dome, UJ, Wits, Milpark Hospitaal, Sandton Kliniek, Eye-hospitale, Randburg se middestad, Rosebank en Sandton-sakesentrums, en Johannesburg se middestad.
Elkeen van die selfsorgeenhede is en suite en volledig ingerig met breekware, linne, badhanddoeke, strykgeriewe, 'n haardroër, 'n TV met plaaslike kanale, wekker-radio's, 'n mikrogolf, ketel, broodrooster, warmplate, 'n yskas en braaigeriewe. Die kamers het lessenaars vir die sakemanne en -vroue, asook vinnige en gratis WiFi. Elke eenheid het 'n privaat tuintjie waar gaste 'n koppie tee, die voëllewe en skoenlappers kan geniet.
Alle die eenhede het parkeerplek agter motorhekke en die instansie is nie sigbaar vanaf die straat nie, omdat ons 'n pypsteelerf het. Dus word alle geraas uitgeblok en gaste se privaatheid word verseker.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Alta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 4de Straat 122 B, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Gaste dink Panhandle Place Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Linden Randburg Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 122 B, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang