Panorama House
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-rylaan 103, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R10 750 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
Panorama House is 'n pragtige selfsorg-vakansiehuis op 'n heuwel in die kusdorpie van Zinkwazi. Hierdie huis spog met 'n panoramiese uitsig oor die see en is die ideale opsie vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige basis waar hulle kan ontspan en die area kan verken.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 4 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Daar is ook 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n solderkamer met 2 enkelbeddens vir kinders. Elkeen van die en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n dubbeldeuryskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, etenstafel en 'n kroeg toegerus. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die boonste verdieping het 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank, TV en 'n pool- en tafeltennistafel. WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n ruim stoep met 'n panoramiese uitsig, buitemeubels, 'n swembad en braaigeriewe. Hierdie verblyf het ook 'n omsetter en oorgenoeg parkeerplek op die perseel. Dit is in die suide van Zinkwazi geleë en is sowat 1,4 km vanaf die strand en sowat 20,1 km vanaf KwaDukuza wat winkels en restaurante het.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 38
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Panorama-rylaan 103, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-rylaan 103, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang