Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Papillon

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 6 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 20 resensies vir Papillon
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5
Hugo P - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hugo P

All round baie lekker plek om te bly!

Baie lekker tyd hier gehad!

Adéle B - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adéle B

Ons het regtig lekker gebly in hierdie pragtige, uiters netjies en goed toegeruste huis naby die see.

Die huis was perfek vir my gesin. Ek, my man en 2 volwasse kinders, asook my baie bejaarde ma. Ons is so vriendelik ontvang en het regtig niks kortgekom nie. Dit is 'n baie groot bonus dat die huis steeds kragvoorsiening het ten spyte van beurtkrag. Ek het nooit eers geweet wanneer die krag af was nie. Ons sal beslis graag weer hier vakansie hou. Baie dankie vir alles.

Annaliza W - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annaliza W

Sterre sê alles.

So lekker gebly. Huis het alles wat mens nodig het. Als lyk presies soos op die fotos! Uitsig oor die see vanuit die hoof kamervenster. Was 'n bonus. Sal beslis weer gaan.

Gloudine S - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gloudine S

Dit was 'n uiters aangename ervaring. Ons is baie vriendelik ontvang. Die huis is skoon, netjies en stylvol.

Die akkommodasie is alles en nog meer as wat jy sal nodig kry vir 'n heerlike wegbreek en binne stapafstand van 'n baie mooi strand.

Sienta F - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sienta F

Papillon is pragtig-perfek!

Ons was daar met ons volwasse kinders en ook 2 maande oue kleindogter. Die woonsteluitleg, kombuis, meubels, geriewe, als was perfek. Die linne en kombuisware was topgehalte. Elise is 'n ster.

Jasper D - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Jasper D

Rustig..

Mooi woning wat goed toegerus is naby die see in 'n rustige omgewing.

Henk L - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henk L

Fantasties.

Stylvolle plek met beste ligging! Inverter-krag tydens load shedding is 'n groot bonus.

Leon D - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leon D

Ongelooflike adres en baie netjiese, skoon huis.

Alles was skoon en ruik lekker. Al die geriewe wat jy benodig is beskikbaar soos espresso koffie, dishwasher, wasmasjien ens. Al 3 kamers is en suite, wat great is. Baie nice see-uitsig en die strand is 50 m van die stoep af. Die 'firepit' dien ook as die braai en as die wind waai maak dit die braaiery net moeilik, 'n binnebraai sou ideaal gewees het. Ons sal die plek voorstel vir enige iemand wat naby die strand wil bly en 'n netjiese, moderne huis soek. Ons kon ook later uitcheck en die laaste dag geniet - Elize, die eienaar, is baie vriendelik en bedagsaam, het dit vir ons baie lekker gemaak.

Rhelda G - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rhelda G

Uitstekende plek.

Dit was 'n wonderlike skoon plek, goed toegerus en 'n uitstekende ligging.

Esmé R - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Esmé R

Smaakvol, netjies, goed toegerus, perfek geleë.

Dit was 'n bederf om die naweek by Papillon te spandeer! Ruim, waarde vir geld blyplek naby die strand met alles wat mens nodig het en sommer ekstra detailtjies en moeite ook. Baie dankie Elize vir 'n heerlike plekkie wat ons vir enigiemand kan aanbeveel.

Liedie H - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Liedie H

Pragtige, netjiese plek en 'n fantastiese ligging.

Papillion is uitstekend toegerus vir 'n sorgvrye vakansie.

Juane H - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juane H

Baie mooi plekkie.

Papillon is baie skoon en netjies en het waarlik alles wat mens benodig op vakansie!

Lillian V - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lillian V

Die tikkie ekstra.

Elize, ons gasvrou, het regtig die ruim, super-netjiese eenheid onder haar huis, digby die see in Stilbaai, uitstekend en bedagsaam ingerig. Die skottelgoedwasser en wasmasjien is baie handig, en die motor afpak op 'n gelykvlak, ook baie gemaklik. Die braaiplek en buiteleefarea is baie goed ingerig en 'n mens kan heerlik oor die branders sit en uitkyk. In die seisoentyd kan dit seker 'n bietjie besiger wees met strandgangers in die straat, maar dit het ons regtig nie gehinder nie. Ons sal Papillon onvoorwaardelik aanbeveel vir gaste wat keurige verblyf by die see sal waardeer. Daar is 'n groot tafel met stoele binnenshuis waar selfs besigheidsreisigers gemaklik by die WiFi kan werk.

Johan D - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan D

Excellent customer service and great location.

We have booked Papillon multiple times and have always enjoyed the beautiful views. Awesome service and clean accommodation. Safety is great too and the beach is only 50 metres away.

Magda S - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda S

Fantasties!

Sal enige persoon aanbeveel om by Papillon tuis te gaan. Kan oor niks kla nie. See lekker naby. Elize het soveel moeite gedoen, het niks gekort nie.

Mj G - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Mj G

Baie netjies en stylvol.

Sien sterre.

Christa E - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Christa E

Goed toegerus, netjies en gerieflik.

Dit is 'n pragtige plek. Ons sou meer 'n see-tema (Mediterranean) as 'n bly-huis-tema verkies het, maar dan is ons ou Stilbaaiers. Die beddens en beddegoed is van top-gehalte. Ek voel die showers in die badkamers kan opgegradeer word. Die shower in die hoofslaapkamer het geen waterdruk as 'n toilet of ander kraan oop is nie. Dit het ook baie water gelek. 'n Dubbelwasbak sal ook 'n aanbeveling wees. Res van die badkamers kan ook oorgedoen word om by die res van die huis te pas, asook die prys wat gevra word.

Heloise S - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heloise S

Wow!

Die plek het my vir 'n oomblik spraakloos gehad. Dis mooi en skoon en gerieflik. Op die stoep sit en vir die see kyk met 'n beker koffie, dis salig, jy voel hoe ontspan jy, jy ontspan van binne af. Ons het regtig baie lekker gebly, sal beslis in die toekoms eerder hoor of die huis beskikbaar is.

Evan D - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Evan D

As ek kon, sou ek liewers self elke af tydjie daarheen wou kon gaan.

Dit was van die beste ervaringe ooit vir ons. Ons het op 'n korterige kennisgewing besluit om vir 'n familielangnaweek op Stilbaai te gaan vir 'n wegbreek en bietjie rus. Ons het al die beskikbare plekke bestudeer en op Papillon besluit. Ons was nie seker oor die uitsig en of ons dit ligging gaan geniet, maar min het ons geweet wat vir ons gaan wag. Ons was uit ons vel uit verras, dit is so naby aan die see, dit mooiste uitsig oor die mond en jy hoor permanent die sagte gedruis van die branders wat breek. Die verkeer is beperk en jy kan regtig die stilte en rustigheid indrink en geniet. Oor die geriewe en gasvryheid van Elize en Papillon kan ek boekdele skryf. Ek sal dus probeer om dit kort en tot die punt te hou. Papillon is prakties ingerig, jy kom niks kort. Jy voel menswaardig van die eerste oomblik wat jy daar instap tot jy weer moet groet. Ek was regtig in my skik om te sien daar is aan alles gedink. Elke bed het 'n elektriese laken om jou bed te verhit en die winterkoue weg te skrik wanneer jy wil gaan slaap. Die badkamers is pynlik skoon, gemaklik en die water is lieflik warm na 6 mense gereinig het. Ek kan eintlik net die volle ervaring opsom as 'n 5-ster-geleentheid teen 'n bekostigbare prys, bederf jouself en ervaar die ekstra treë wat Elize gee om vir jou die beste tyd te bied. Papillon is 'n moet.

Tania A - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tania A

Fantasties!

Die plek was uitstekend ingerig. 'n Huis weg van die huis met 'n pragtige uitsig. Sal weer soontoe gaan.

Papillon se terugvoer

Baie dankie Tania dat jy die moeite gedoen het om so ‘n positiewe kommentaar te stuur.
So dankbaar dat julle dit bevredigend gevind het en so geniet het.
Kom kuier gerus weer,
Elize Gouws

Papillon
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R2 500
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoenlaan 24, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUXJnNaVk48dMDVho6WvQeKCrlMy3PoVRWlKnS0NSSndpscrNv3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 4 mense 20 5 1 5 24 Perlemoen Avenue Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.379884931707 21.421244906746

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang