Papkuilsfontein Guest Farm
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mariette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Kobus B - Sep 2024
Algehele gradering
Sal weer gaan.
Janine C - Des 2023
Algehele gradering
Rus vir die siel met asemrowende sonsondergang.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Janine,
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Alrie se sy het julle net so geniet.
Beste wense vir 2024,
Mariette van Wyk
Lise K - Des 2023
Algehele gradering
Dit was eenvoudig baie lekker!
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Lise,
Baie dankie vir die mooi 'review'. Ons is bly dat julle goed kon uitrus, en ja, daardie swembaddens by die huisies is heerlik, ne?
Johann D - Sep 2023
Algehele gradering
Wat 'n juweel! Jy hoef nie verder te soek as jy verblyf soek in hierdie area nie!
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Johann,
Ons kon vir geen groter kompliment gevra het nie, baie dankie. Ons is baie bly dat jy Alrie se etes so geniet het. Sy is waarlik lief vir kosmaak en mense bederf. Mooi wense vir 2024, Mariette van Wyk
Louis M - Jul 2023
Algehele gradering
Ongelooflik. Alle was perfek.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Louis, watter pragtige komplimente, ons waardeer elkeen van hulle opreg, en dit spoor ons almal aan. Mooi jaar vir julle toegewens, Mariette
Louise S - Jan 2023
Algehele gradering
Ons het heerlik gekuier.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Louise, ons is so bly dat julle jul kuier geniet het, en dat ons julle kon bederf.
Vriendelike groete,
Mariette van Wyk
Gary V - Jan 2023
Algehele gradering
Lekker gebly.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Gary,
Ai, die uitgestrektheid van hierdie omgewing, en plase wat mense so baie laat ry! So jammer daaroor, en dankie dat jy nogtans vir ons sulke goeie punte gee, ons waardeer dit baie.
Vriendelike groete,
Mariette van Wyk
Willie V - Okt 2023
Algehele gradering
Aangename ervaring en vriendelike plaasmense.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Willie,
Baie dankie vir jou wonderlike komplimente, bly ons kon julle bederf met die ete by die cottage. Ek dra alles oor aan die span,
Mariette
Johnny L - Sep 2023
Algehele gradering
Wonderlike plek om af te skakel en die natuur te bewonder.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Johnny, baie dankie vir die mooi woorde. En dat jy mense waarsku om voortydig hulle etes te bespreek, Vredendal is ver en beplanning noodsaaklik. Vriendelike groete, Mariette van Wyk
Anthony R - Aug 2023
Algehele gradering
Amazing hospitality. Gert Boom was unbelievably well maintained, spotless, and welcoming.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Anthony,
What lovely compliments, we really appreciate all of it. We're so glad you enjoyed your stay.
Kind regards, Mariette van Wyk
Martin D - Apr 2023
Algehele gradering
Great cottage, wonderful food and service.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Martin, thank you for the compliments, we really appreciate it.
Kind regards,
Mariette van Wyk
Zannae V - Des 2022
Algehele gradering
Ongelooflik lekker, mooi en baie gerieflik ingerig.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Zannae,
Baie dankie vir jou mooi woorde oor ons gasteplaas. Ons sien daarna uit om jou weer by ons te hê.
Vriendelike groete,
Mariette.
Diane A - Aug 2022
Algehele gradering
Rus vir die liggaam en siel.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Diane, baie dankie vir die pragtige komplimente. Ons is so bly dat dit vir julle besonders was. Mooi loop,
Mariette van Wyk
Robert B - Jun 2022
Algehele gradering
Fantastiese natuur, fantastiese ontbyt!
Ian M - Okt 2021
Algehele gradering
Great hospitality in authentic farm buildings situated in a beautiful area.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Ian, what a lovely review. Thank you for noticing the care that went into restoring and making it beautiful for our guests. It's so good to have appreciative guests like you.
Enjoy life and wishing you a wonderful 2024, Mariette van Wyk
Helmien A - Aug 2021
Algehele gradering
Mooiste blomme, pragtigste blomme en vriendelikste mense!
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Helmien,
So goed om so 'n briefie te lees, ons waardeer dit opreg. En dit sal wonderlik wees om jou gesin weer te sien.
Vriendelike groete,
Mariette
Burger M - Mrt 2021
Algehele gradering
Ystervark Cottage was ‘n belewenis vir die siel. Die verblyf in hierdie eeu oue gerestoureerde skuur wat omring is deur natuurskoon was ‘n groot bederf. Ons sal vir seker graag weer daar tuisgaan.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Burger,
Hoe wonderlik om te hoor dat julle Ystervark so waardeer en geniet het, ons is so dankbaar. Ek sal ook aan Alrie jou komplimente oordra.
Mooi loop,
Mariette.
Jacques M - Feb 2021
Algehele gradering
Baie, baie netjies. Sal definitief weer hier kom vakansie hou.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Jaques,
Baie dankie vir jou pragtige briefie en komplimente, dit maak ons harte warm en is ons aansporing. Ons is baie bly dat jy so lekker gekuier het, en hoop dat jy goed kon ontspan en veral herlaai. Ons besef nie altyd hoe broodnodig so 'n wegbreek is nie, en daarom moet alles by ons so wees dat dit net een groot plesier vir ons gaste kan wees.
Mooi dag,
Mariette en Alrie van Wyk, en lg stuur groete
Ant S - Apr 2021
Algehele gradering
Restful perfection.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Ant,
It's unbelievable to receive a review like this, we appreciate it so much. We are happy that you enjoyed your stay with us immensely. Warm regards,
Mariette van Wyk
Richard P - Jan 2021
Algehele gradering
Marvelous and quaint.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Richard,
Thank you so much for your compliments, we are blessed to have the canyon, and a beautiful farm. So it is just befitting that we shall do our best with the part we have to manage. We love spoiling our guests so that you go away feeling refreshed.
Hope to see you again one day.
Kind regards,
Mariette and Alrie van Wyk
Stephanus D - Okt 2020
Algehele gradering
Ek was stom geslaan deur die aandag aan detail en die baie vriendelike ontvangs.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Goeiemore Stephanus,
Baie dankie vir die pragtige briefie, dit is vir ons heerlik as ons gaste lekker gekuier het en ons plaas geniet het. Dankie ook vir die komplimente vir die cottage, dis altyd lekker om 'n cottage in te rig en aangenaam vir ons gaste te maak.
Die verwysing na die plaas en om dit netjies en afgerond te kry, kan nie meer waar wees nie. Ons is tans besig om plat te sny rondom die huisies en dit alleen is sommer 'n werk. Dankie vir die waardering daarvoor.
Geniet julle lewe, en hoop om julle weer eendag by ons te he.
Alrie en Mariette van Wyk.
Fanie V - Mrt 2020
Algehele gradering
Heerlike verposing, kans om met natuur in te skakel; canyon indrukwekkende gesig en swembad 'n lewensredder.
Adriaan V - Des 2019
Algehele gradering
Pragtige plaas.
Anel J - Jun 2019
Algehele gradering
Fantastiese eenhede met mooiste ligging.
Jenni V - Jun 2019
Algehele gradering
Goeie en netjiese verblyf. Stil en rustig op die plaas.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Jenni,
Baie dankie vir die mooi resensie. Ons is bly dat julle die tydjie by ons geniet het en dit klink asof julle pragtige fotos geneem het. Ai, ek verwonder my aan die vaardigheid van mense met 'n kamera en is bly dat julle ons plaas ook deur die lens kon waardeer, mooi herinneringe wat mens saamneem.
Vriendelike groete,
Mariette.
Jacques E - Des 2018
Algehele gradering
Een van die mooiste plase waar ek nog was.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Jacques,
Ons is so bly dat jy jou verblyf by ons op Papkuilsfontein so geniet het, en vir die pragtige komplimente. Dit is so goed as 'n mens op jou reis iewers iets raakloop wat mens met 'n gevoel van voldoening en bevrediging laat, ne?
Ons wens jou alles van die mooiste vir 2019 met goeie gesondheid en stimulerende projekte.
Vriendelike groete,
Jaco, Alrie, Mariette en Willem. Dit is Jaco wat jou ontvang het die dag met jou aankoms, maar ek dink Willem was ook iewers naby. Alrie was mos in Vredendal met ons werkers se kersfees inkopies.
Amanda R - Jun 2018
Algehele gradering
Absoluut perfekte gasvryheid.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Amanda,
Baie dankie vir jou terugvoer - ons is so bly dat julle dit geniet het. Alrie se weer julle was wonderlike gaste. Ek hoop die tydjie weg van die huis het die batterye gelaai en dat die res van die jaar mooi sal verloop.
Vriendelike groete,
Mariette van Wyk.
Papkuilsfontein Nieuwoudtville.
Leana P - Apr 2017
Algehele gradering
Ongelooflik.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Beste Leana,
Baie dankie vir jou wonderlike terugvoering oor jou besoek aan Papkuilsfontein, ons waardeer dit opreg, en moedig ons aan om die standaard altyd so te hou. Ons is so bly dat jy jou cottage geniet het, en dit sal wonderlik wees om julle weer eendag hier te ontvang.
Geseende Kersfees en 'n pragtige nuwe 2018 vir julle toegewens.
Vriendelike groete,
Mariette van Wyk
Amelia V - Des 2017
Algehele gradering
Rare Karoo beauty of the environment.
Papkuilsfontein Guest Farm se terugvoer
Dear Amelia,
Thank you so much for this lovely review you have given us at Papkuilsfontein. We really do appreciate it and it always makes me feel responsible to keep this farm on the standard which will entice people to come back. We are glad that you enjoyed the pool so much, we loved finding the best spot to built it and designing it to enhance the farm atmosphere of our cottages.
We would love to have you visiting Papkuilsfontein again somewhere in future.
Warm regards,
Mariette van Wyk.
Jana D - Des 2017
Algehele gradering
A memory forever!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Papkuilsfontein Plaas, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang