Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paquita Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paquita-singel 12, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Paquita Cottage is 'n selfsorghuis vir 4 gaste in The Heads in Knysna en het 'n uitsig oor die Knysna-strandmeer.

Dié ruim huis het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea, sitkamer en 'n stoep. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul etes by die toonbank geniet of op die stoep. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar.

Gaste kan in die sitkamer ontspan waar daar 'n TV met DStv en WiFi is, wat ondersteun word deur 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel.

Die sitkamer lei na 'n houtdek met 'n uitsig oor die Knysna-koppe en strandmeer. Daar is 'n elektriese braai en 'n buite braai wat slegs met brikette gebruik kan word. Houtvure word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is verbode in die eenheid.

Die huis word bereik via 5 stelle trappe van die parkeerplek af, so gaste moet in staat wees om trappe heel gemaklik te kan klim. Kinders onder 6 en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie, aangesien die dek hoog is en daar geen tuin is nie. Parkeerplek is beskikbaar in 'n dubbel-parkeerplek, maar is nie geskik vir groot sleepwaens nie.

Knysna het 'n rits doendinge soos voetslaan, stap, bergfietsry, 4x4-ry, perdry, visvang en walviskyk van Junie tot Oktober. Gaste kan ook 'n veerboot neem en die Featherbed Natuurreservaat of die Knysna Olifantpark besoek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Karien C
Saam met vriende
5.0
Heerlikke bestemming. Baie oulike plek en mooi skoon.
Jun 2024
Wiesie B
Gesin met tieners
5.0
Pragtige uitsig, lieflike verblyf. Baie lekker hier gebly en sal weer terugkom. Stil, mooi area van Knysna met 'n pragtige uitsig. Die huis het alles ...
Sien meer
Jun 2024
Elizabeth M
Gesin met tieners
5.0
Clean and safe. Home away from home. The stay was out of this world excellent, clean and safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Ina N
Saam met vriende
5.0
Spectacular views and a well-equipped apartment. An absolutely beautiful, well-equipped apartment with everything you need to have an o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Hennie V
Gesin met tieners
5.0
Cottage met 'n pragtige uitsig in 'n rustige omgewing. Paquita Cottage het 'n uitstekende ligging met die mooiste uitsigte. Die huis is goed ingerig e...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Theo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Paquita-singel 12, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paquita Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paquita-singel 12, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb059f92e78043c8552adac537d1efb32a8c72caed651de13c36877ba7cbc69ed68bbe6736368af0b57e6f965edfa50ed3155?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4) 24 5 1 5 12 Paquita Crescent The Heads 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.075425566499 23.065441853373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang