Par L'Eau
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avocet-singel A36, Theseneiland, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Par L'Eau, geleë op 'n privaat kanaal in die gewilde Thesen-eiland, is 'n pragtig versierde selfsorgvakansie-eenheid wat 'n ideale opsie is vir 'n ontspanne vakansie saam met familie en vriende aangesien dit beskik oor 3 privaat balkonne wat lieflike uitsigte oor die kanaal bied. .
Dié dubbelverdieping-eenheid het slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het direkte toegang tot 'n privaat balkon en is ingerig met 'n dubbelbed. Hierdie kamer het 'n ruim kasarea wat lei na die hoof en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed het. Albei hierdie kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en maak gebruik van die vierde badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar in die aparte opwaskamer. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is oral in die eenheid beskikbaar.
Deur die skuifdeure is daar 'n ruim houtdek met buitemeubels, 'n etenstafel, sonstoele en braaigeriewe. Die ligging van hierdie eenheid is stapafstand vanaf 'n privaat strand binne die landgoed. Gaste het ook volle toegang tot die landgoed se tennisbane, putt-putt-baan asook lieflike wandelpaaie langs die kanale. Vir diegene wat op die water wil gaan, is hulle welkom om hul eie bootjie of kajak saam te bring om te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Avocet-singel A36, Theseneiland, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Theseneiland Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avocet-singel A36, Theseneiland, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang