Paradijs
Kry 20% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pienaarstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 100R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Paradijs is 'n luukse selfsorg-vakansiehuis en het slaapplek vir 6 gaste in Nieu-Bethesda.
Paradijs beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n plaaskombuis, etenstafel en 'n knus sitarea. Daar is ook 'n aparte, privaat sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die ruim kombuis is met 'n gasstoof en -oond, steenkoolstoof, mikrogolfoond, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aparte sitarea het 'n kaggel en 'n TV. Die groot stoep het sitplek, 'n etenstafel en 'n uitsig oor die heuwels wat die dorp omring.
Paradijs Gastekamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het nie selfsorggeriewe of tee- en koffiemaakgeriewe nie.
The Cottage is 'n woonstel met 'n koningingrootte-bed, muskietnet, badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n rustieke, maar goed toegeruste kombuis, asook 'n buitestoep met 'n braai en uitsig oor die Karoo-landskap. Gaste kan 'n braai geniet of langs die kaggel ontspan.
Gratis WiFi is beskikbaar. Troeteldiere word toegelaat, maar is onderhewig aan 'n vooraf reëling. Daar is ook 'n swembad.
Nieu-Bethesda bied verskeie lieflike restaurante en galerye en gaste kan besienswaardighede, soos die Uilhuis besoek wat meer as 500 standbeelde het wat deur Helen Martin en haar helpers geskep is, asook die Kitching Fossielverkenningsentrum. Gaste kan ook gaan stap en bergfietsry.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Carla Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 105
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Pienaarstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
- Gaste dink Paradijs het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nieu-Bethesda Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pienaarstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang