Paradise Holiday Resort
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R600R480 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Paradise Holiday Resort is in Southbroom en bied lieflike verblyf aan gesinne. Aangesien hierdie 'n oord vir gesinne is, word groepbesprekings, partytjiegroepe en funksies nie toegelaat nie.
Verblyf op die oord is beskikbaar in verskeie houthuise en chalets, elk met slaapplek vir 2 - 4 gaste. Die eenhede word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Gaste moet asb. hul eie badhanddoeke saambring.
Die Timber Log Cabins bied elk slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eenhede het elk 'n oopplan-kombuis, eetarea en 'n sitkamer met 'n TV en OpenView-kanale. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaarte saambring. Die leefarea lei na 'n dek met braaigeriewe.
Die Little Log Cabin het slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid het ook 'n oopplan-kombuis en ontbythoekie.
Die Chalets wat slaapplek aan2 gaste bied beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die eenhede het 'n klein sitarea, kombuisie met 'n mikrogolfoond, stoof, oond en yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Buite is daar 'n lieflike stoep met 'n tafel en stoele.
Die oord het 'n rits doendinge soos 'n swembad en kinderswembad, 'n speelarea vir kinders, trampolien, klimraam, vlugbal, pooltafel en meer. 'n Snoepie en wasgoeddiens is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Paradise Holiday Resort is 3 km vanaf Marina-strand en Umkobi-strand, 19 km vanaf South Coast Mall en 20 km vanaf Shelly Centre. Southbroom het 'n verskeidenheid doendinge soos visvang, swem, branderplankry, duik, gholfspeel, voetslaan en bergfietsryroetes.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Laraine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Paradise Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Canaan Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 38 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang