Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradise On Sea Holiday Apartments

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Botha Straat, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Paradise On Sea Holiday Apartments bied selfsorgwoonstelle wat individueel of saam vir 'n groot groep bespreek kan word en is in Paradise Beach, Jeffreysbaai geleë. Ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike see-uitsigte, oorkant die strand en weg van die stadslewe.

Verblyf by Paradise On Sea Holiday Apartments bestaan uit 3 woonstelle wat soortgelyk is in versiering. Elkeen van hierdie woonstelle bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n goed toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea. Hierdie eenhede beskik ook oor privaat braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Een van die woonstelle, naamlik Seebries, het ook toegang tot 'n tweede dak-sitarea, binnebraaigeriewe en fantastiese 360 grade uitsigte.

Die strand voor die huis is perfek vir gesinne, met veilige swem vir kinders in die baie getypoele tydens laagwater, en 'n breë skoon strand vir speletjies. Daar is ook goeie visvanggeleenthede vir ywerige vissermanne. Paradise On Sea is 'n kort entjie se ry vanaf verskeie binne- en buitelugaktiwiteite, natuurreservate en ander besienswaardighede wat gaste kan verken tydens hul verblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Joselyn S
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome, amazing. Excellent service. Amazing views. Clean, equipped and really a home away from home experience. Thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Ruwayda E
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasies. Ons het vreeslik baie lekker gebly.
Okt 2024
Marike L
Gesin met tieners
5.0
Heerlike bederf vir kinders met speletjieskamer! Gerieflike afpak vir ons reis tussen Port Alfred en George.
Jul 2023
Steven P
Saam met vriende
5.0
Fantastic place to stay! Best views you could wish for and right on the beach! Johan, the host, is excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023
Petro F
Saam met vriende
5.0
Vriendelike diens en 'n pragtige uitsig oor die see so ver as wat die oog kon sien. Eienares was baie vriendelik en tegemoedkomend. Dit was lekker sla...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 16 Botha Straat, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Paradise On Sea Holiday Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Botha Straat, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9faecc97f944f2a61cea5610b911d304e350bb5172c632183ded73403afe7ef16dc9735e91fcc78833f55b592778532b1ef6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6) 36 5 1 5 16 Botha Street Paradise Beach 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.103932697753 24.890228906746

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang