Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradise on the Vaal

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Transvaalstraat 3, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Paradise on the Vaal is 'n Kaaps-Hollandse selfsorghuis op die Vaalrivier se oewer in 'n tuin wat soos 'n park lyk en bied 'n ongelooflike uitsig oor die rivier en van die voëllewe. Die huis is gerieflik geleë net 300 m van Parys met sy verskeie restaurante, koffiewinkels, antieke winkels en weeklikse markie. Paradise on the Vaal is ideaal vir gaste wat wil ontspan, rus en die natuur wil geniet.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 ruim slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n plafonwaaier en 'n 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het 'n plafonwaaier en 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die knus sitarea het 'n platskerm-TV en WiFi is beskikbaar.

Die tuin het 'n groot stoep tussen ou bome met stoepmeubels, braaigeriewe en 'n groot swembad met 'n uitsig oor die rivier. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Esmé N
5.0
Gerieflike huis, baie mooi omgewing met 'n pragtige uitsig. Dit is 'n stil en rustige plek. Net wat mens nodig het om bietjie te rus na 'n besige week...
Sien meer
Nov 2024
Vine M
Gesin met klein kinders
5.0
Ons tweede keer terug want een keer was nie genoeg nie. Baie lekker plekkie op die Vaalrivier. Die rivier loop amper op jou voorstoep verby. 'n Baie g...
Sien meer
Okt 2024
Devin C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en langs die rivier kan nie rustiger kry nie. Baie lekker gebly, groot erf en die rivier is baie nice, great view.
Jun 2024
Belinda M
Saam met vriende
5.0
Groep kuier, Vaalrivier, mooiste uitsig en vakansie atmosfeer. Ons het heerlik gekuier. Pragtige uitsig oor die swembad en rivier. Die mooiste tuin, d...
Sien meer
Mei 2024
Adri S
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Love the atmosphere!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Kathleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Transvaalstraat 3, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Paradise on the Vaal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Transvaalstraat 3, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc33106f70e26c314758650363fc190f5141cd2d90fb23e07c04373f086fc15af584825b6a7630b4c2bfcfc5e7ed0f36ccb98?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 3 Transvaal Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -26.895523 27.454297

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang