Die bank is silwer skoon, daar is wel n baie dower permanente klein vlek op een rugleuning wat na verskeie pogings deur droogskoonmakers nie heeltemal verwyder kon word nie. Dit is skaars sigbaar. Die hele vloer is silwer skoon, ook agter die bank, waar die Gordynkap vir n nuwe gordyn heeltemal uit die pad gebêre word. Die kombuishoekie het slegs twee kaste - een vir die eetgerei en die ander kas het twee deure. Agter die een deur is die stofsuier, skottelgoedseep, windowlene en handy Andy asook n skottel met die vloerlap en skropborsel. Agter die ander deur is kastrolle, n slow cooker en n braaipan. Daar is geen ander kaste in die baie klein kombuoshoekie nie en dit sal beslis nie gepas wees om skoonmaaiddels en die Stofsuier sommer op die vloer in die woon-area te laat rondstaan nie. Die Yskas is silwerskoon en ten volle vir die gebruik van die gaste. Die vrieskas het wel nuut gevriesde appelkose in gehad aangesien ons bêre plek vir ons gevriesde vrugte Beperk was. Dit het egter slegs een rak in die vrieskas beslaan en is vars gevries - beslis nie oud nie. Daar is meer as genoeg plek in die Yskas en Ekstra vriesrak vir ons gaste se gebruik. Daar is geen ‘Rags’ nie, wel n vloerlap in die skottel. Aangesien die woonstel heeltemal apart, afgesonder en amper 1km van die woonhuis af is, is dit totaal onprakties om die skoonmaakmiddels van die woonstel in die woonhuis te bêre en elke keer heen en weer te vervoer. Die woonstel se skoonmaakmiddels word dus - ook vir die gerief van ons gaste, in die woonstel self gehou. Baie van ons gaste bly vir n paar weke op n slag en verkies om self die woonstel skoon te hou, dus hou ons die skoonmaakmiddels en n Stofsuier in die woonstel self. Die woonstel is 100% skoon, ek het self met my eie hande die vloere en vensters die vorige dag gewas voor hierdie gas gearriveer het. Ek vermoed die tipe verblyf het hulle nie geval nie en dus word verskonings uitgedink om hul geld terug te kry. As hulle vyfster verblyf op n wynplaas soek, kan hulle nie verwag om so n billijke prys te betaal nie. Vir wat ons aan ons gaste bied, is hierdie verblyf uiters billik., soos wat verskeie van ons gaste reeds getuig het.