Parklands Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N2 Plaas 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Parklands Cottage is op die groen heuwels en 'n natuurlike woud van 42 hektaar geleë, en is sowat 14 km vanaf Plettenbergbaai. Dit spog met 'n uitsig oor die omliggende landgoed en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek, aangesien dit deur privaat plantasies en inheemse woude omring word.
Dié knus kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n stort. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe, waar gaste ook 'n skemerkelkie kan geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en dié verblyf is nie ver van die bekende Robberg Natuurreservaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Beverly Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- N2 Plaas 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N2 Plaas 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang