Parsons Hilltop Safari Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Parsons Natuurreservaat, Plot 36 155 KT, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R5 504 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Parsons Hilltop Safari Camp bied 'n wegbreek na 'n egte safari-tentkamp sonder heinings. Dit is in die Balule Wildreservaat in die Groter Krugerarea, wat by die wêreldbekende Krugerwildtuin aansluit en fantastiese wildkyk- en voëlkyk-geleenthede bied.
Die tente bring gaste nader aan die natuur, maar is steeds stylvol versier en spog met gerieflike slaapgeriewe. Parsons Hilltop Safari Camp is op gasvryheid gefokus en gaste sal in die skouspelagtige Afrika-landskap kan ontspan, terwyl hulle met kookkuns en ’n verskeidenheid wyne bederf word.
Die lodge bied 4 klassieke en luukse seiltente, wat gemak en pragtige dekor met 'n romantiese Afrika-gevoel kombineer sodat dit voel of jy in 'n vervloë era ontspan. Die rustieke-sjiek lodge smelt op 'n gerieflike en stylvolle manier met die natuurlike omgewing saam. Al die tente bied uitsonderlike privaatheid, gemaklike beddens, privaat badkamers, beddegoed van hoë gehalte, en Africology-toiletware in die badkamer.
Die hooflodge bied 'n gesellige sitarea en 'n klein bosbiblioteek waar gaste kan lees en ontspan na 'n uitstappie in die Afrika-savanne. Die houtdek-sitarea bied 'n pragtige uitsig op die Drakensberge en gaste kan saans hiér sterrekyk. Daar is ook 'n boma-vuurput, of gaste kan in die plonspoel afkoel en 'n verfrissende skemerkelkie geniet. Ontspan en bewonder die skoonheid en rustigheid van die Afrika-wildernis.
Parsons Hilltop Safari Camp is nie omhein nie en alle wild in die Groter Krugerwildtuin wandel vrylopend rondom die kamp. Die kamp het 2 watergate wat daagliks volgemaak word en saans is daar beligting. Die diere kom gereeld drink en gaste kan sodoende vanaf hul eie privaatstoep wildkyk. Die kamp se ervare veldwagter neem gaste te voet of met 'n oop voertuig op safari, terwyl die sjef heerlike fynproewersdisse voorberei.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Maria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Parsons Natuurreservaat, Plot 36 155 KT, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Parsons Hilltop Safari Camp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Parsons Natuurreservaat, Plot 36 155 KT, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang