Pascal's of Napier
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sarel Cilliers-straat 48, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Vanaf R920 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pascal's of Napier bied verblyf in goed ingerigte eenhede, waarvan 2 elkeen slaapplek aan 2 gaste bied en 1 plek vir 4 bied. Die sakpas-enkelwoonstel het slaapplek vir 1 gas. Ons verblyf sal verseker dat jy die beste maak van jou tyd in Napier. Pascal's of Napier is in die middel van die dorp geleë en bied weergalose uitsigte oor die Overberg en die Riviersonderendberge. Boonop is die bekroonde Pascal's Restaurant op dieselfde perseel.
Die Blue Sky-eenheid is ten volle toegerus vir selfsorg en bied ook geriewe soos 'n platskerm-TV en DStv Select. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed met gehalte linne en handdoeke. Ons het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n privaat balkon wat oor die dorpie en die berge uitkyk. Daar is 'n ekstra bed beskikbaar vir 'n kind op versoek en teen addisionele koste. Siende dat ons in die middel van die dorp geleë is, sal jy binne stapafstand vanaf winkels, galerye en eetplekke wees. Daar is parkeerplek agter veiligheidshekke reg langs jou eenheid om ekstra gemoedsrus te verseker.
Die Jacobs Ladder Loft-eenheid het 'n privaat balkon met manjifieke uitsigte oor die dorpie en vallei en bied slaapplek vir 3 gaste. Dit is semi-selfsorg en het 'n mikrogolf, ketel, broodrooster en yskas. Eetgerei en breekware word voorsien. Dit is ruim en lugtig en het volledige lugversorging en 'n groot en suite-badkamer met 'n stort en toilet.
Die Van Gogh-eenheid word sonder etes bespreek, maar ontbyt en ander maaltye is by Pascal's op die perseel beskikbaar. Die eenheid plaas die klem op romanse en dit beskik oor 'n dubbelhemelbed, gehaltelinne en handdoeke, 'n en suite-badkamer met 'n stort, ongelooflike uitsigte op die Overberg en die stilte en rustigheid wat net 'n klein dorpie kan bied.
Die Sakpas-enkelwoonstel, perfek vir 1 gas, grens aan die hoofhuis en het 'n driekwartbed vir 'n goeie nagrus. 'n Binnedeur wat kan sluit verseker jou privaatheid. Daar is 'n klein en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en urinaal en gaste het toegang tot 'n gaste-toilet in die hoofhuis. 'n Privaat deur bied toegang tot 'n balkon met uitsigte oor die Napiervallei en dorp.
Ons katte, eende en hoenders sal jou ekstra welkom laat voel hier by ons. Daar is parkeerplek van die straat af beskikbaar agter veiligheidshekke reg langs jou eenheid en ons het ook braaigeriewe beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Mark Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Sarel Cilliers-straat 48, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Gaste dink Pascal's of Napier het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sarel Cilliers-straat 48, Napier, 7270, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang