Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pastorie Huisie

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pastorie Huisie is op die N1-hoofweg in die dorpie Leeu Gamka in die Wes-Kaap.

Die woonstel is langs die hoofhuis. Dit bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 2 enkelbeddens en gemaklike rusbanke in die leefarea. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n oondjie, tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die woonstel het ook 'n lieflike boma met ingeboude sitplek, 'n vuurput en braaigeriewe.

Die kampeerterrein is op dieselfde perseel en is geskik vir 2 gesinne met 'n maksimum van 4 gaste per gesin. Kampeerders het toegang tot 'n badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Gaste moet hul eie kampeertoerusting saambring.

Die eiendom is 75 km vanaf Beaufort-Wes en 126 km vanaf Laingsburg.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Renette O
Gesin met tieners
5.0
Koel, netjies, vars, goed toegerus en stil. Kan dit aanbeveel. Beslis 'n plekkie waar jy kan ontspan en rus. Ons gasheer was deurentyd beskikbaar en b...
Sien meer
Jan 2025
Johan P
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Oornag verblyf. Dit was perfek vir ons.
Jan 2025
Karin T
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik. Wat 'n voorreg. Soso gasvry en puik diens. Dankie.
Des 2024
Quintiin M
Gesin met tieners
5.0
Awesome stop-over! What an awesome gem for a night's sleepover!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Christel A
Gesin met klein kinders
5.0
Definitief die moeite werd. Silwerskoon. Alles wat jy nodig het en nog meer. Silwerskoon. Baie lekker gebly.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 72

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pastorie Huisie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQHF6oZrIWuQg8IPxayeFwpCfG8X40PcDK8DMHbHsjH71RQKgTl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 72 5 1 5 N1 NG Kerk 6950 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.777412106358 21.974690394165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang