Pastorie Huisie
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pastorie Huisie is op die N1-hoofweg in die dorpie Leeu Gamka in die Wes-Kaap.
Die woonstel is langs die hoofhuis. Dit bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 2 enkelbeddens en gemaklike rusbanke in die leefarea. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n oondjie, tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die woonstel het ook 'n lieflike boma met ingeboude sitplek, 'n vuurput en braaigeriewe.
Die kampeerterrein is op dieselfde perseel en is geskik vir 2 gesinne met 'n maksimum van 4 gaste per gesin. Kampeerders het toegang tot 'n badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Gaste moet hul eie kampeertoerusting saambring.
Die eiendom is 75 km vanaf Beaufort-Wes en 126 km vanaf Laingsburg.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Dirk Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 72
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
- Gaste dink Pastorie Huisie het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, NG Kerk, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap