Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paternoster Place

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kormorantstraat 13, Voorstrand, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paternoster Place is die oorspronklike tuiste van die Pharo-familie en is al in 1911 gebou. Die plek is opgeknap en bestaan deesdae uit 4 selfsorg-eenhede, elk uniek versier, en met sy eie ingang.

Die Simone- en Sabrina eenhede bied slaapplek aan 2 gaste en het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die Amber- eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Daar is ook 'n kaggel.

Die Layla-eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Daar is 2 enkelbeddens in die sitarea en 'n aparte gastetoilet.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, veilige parkeerplek op die perseel en 'n onderdakbraaistoep. Die eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Paternoster Place is in die hartjie van Paternoster. Dit is sentraal geleë en loopafstand vanaf die strand, bekende restaurante soos die Noisy Oyster, Voorstrandt, Oep vi Koep, Paternoster Hotel en meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 153 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Richard Johlene S
5.0
Stunning. Rustig. Gerieflik. Ontspannend. Beautiful plekkie. Bitter lekker gebly.
Nov 2024
Regan A
Gesin met tieners
5.0
Die blyplek is pragtig en gerieflik. Ons het baie lekker gebly. Justin en Nick was baie behulpsaam gewees. Ek kan die plek regtig aanbeveel.
Sep 2024
Belinda D
Saam met lewensmaat
5.0
You cannot go wrong. Good location. Dit was stapafstand van restaurante, see en winkels. 'n Pragtige eenheid met 'n buitebraai.
Sep 2024
Albert V
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld. Baie besonderse plek. Veilig, netjies, rustig. Het baie lekker gebly. Sal vir enige iemand aanbeveel.
Apr 2024
Karen C
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Netjies. Naby aan alles. Vir my en my man was ons blyplek perfek. Ons het niks meer nodig gehad nie. Die gashere was baie behulpsaam....
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Hellene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 153

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Kormorantstraat 13, Voorstrand, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paternoster Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kormorantstraat 13, Voorstrand, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA38fbf0c74d9441a58c5b1848c982ccc1a22e72b0bb8371a83c3bbb911c3eb152b36ffecdf66462d2315338b9ad7b23354e60?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 153 5 1 5 13 Kormorant Street Voorstrand 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.809067700062 17.893340885639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang