Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paters Nessie

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Visvangerstraat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paters Nessie is 'n lieflike solderstylwoonstel wat sonkrag gebruik in 'n baie stil deel van Paternoster. Die eenheid is ongeveer 200 m van die strand af en het nie 'n see-uitsig nie.

Dié solderwoonstel het 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea, 'n kombuisie en 'n sitarea. Die slaaparea is ingerig met 'n dubbelbed en die sitarea het 'n rusbank en 'n TV met al die DStv-kanale. WiFi word ook voorsien. Die kombuisie is toegerus met 'n oondjie, mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei. Die en suite-badkamer beskik oor 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die woonstel bied toegang tot 'n balkon met 'n ingeboude braaiplek en 'n patio-stel. Daar is veilige parkeerplek in die motorhuis beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Paternoster is 'n vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika wat 'n ryk kulturele ervaring bied.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Eleanor C
Saam met lewensmaat
5.0
Ons verblyf was sonder twyfel, super uitstekend. Vanaf ons aankoms totdat ons vetrek het, het die eienaars van die akkommodasie hul uitstekend van hul...
Sien meer
Apr 2024
Jacques B
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Fantastiese plekkie. Wonderlike 'hosts'.
Des 2023
Carel S
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, rustig en asemrowend. Die was skoon, pragtig, gerieflik en die braai area was genotvol. Loop afstand na omtrent alles.
Des 2023
Andrew V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en stil. Ons het die plekkie geniet. Rustigte wegbreek van stadsgewoel.
Apr 2023
Donay B
Saam met lewensmaat
4.8
Dit was 'n wonderlike kuiertjie. Alles was presies soos dit op die photos aangedui is en die ligging maak alles net meer perfek. Die eenheid was mooi ...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Manerva Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Visvangerstraat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paters Nessie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Visvangerstraat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09bd4aec4cfe227852e304085d0370ad6d734006c0447b1073accae2627b0dd15410eb0a8a3371684709cd719924b8e2db7a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 52 5 1 5 11 Visvanger Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -32.806804308517 17.898233234882

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang