Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Patrys Paradys

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Patrys Paradys is aan die voet van die Magaliesberge, in 'n luisterryke, stil tuin geleë. Hier kan jy na voëlsang luister en die berg-uitsig geniet, terwyl jy met jou gunstelingdrankie langs die swembad ontspan.

Selfsorgverblyf word gebied in 'n plaashuis en 2 chalets. Elke eenheid het 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof, oond yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond.

Die plaashuis beskik oor 5 slaapkamers met 3 dubbelbeddens en 6 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers met baddens en storte. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n pooltafel, veerpyltjiebord en 'n skaakstel in die vermaakarea, asook 'n kagge. Die tuin is omhein en daar is 'n geplaveide binnehof met privaat braaigeriewe.

Elke chalet het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Elke chalet het ook 'n oopplan-sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n kaggel en elke chalet het 'n stoep met privaat braaigeriewe en 'n omheinde tuin.

Die perseel het luisterryke tuine en 'n omheinde swembad. Daar is ook sonstoele onder 3 beskutte lapas. Twee kratte vol vuurmaakhout word voorsien vir die kaggel. Ons het al 67 voëlspesies in die tuin getel, met 'n beraamde 120 spesies wat in die omgewing voorkom. Daar is ook staproetes in die bos met asemrowende uitsigte. Die plaas word omring deur 'n 40 km-grondpad wat van Hekpoort na Breedtsnek strek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Terrence S
5.0
Baie lekker gerus en gekuier. Ons het die naweek geniet in die rustige omgewing.
Aug 2024
Gita P
Saam met lewensmaat
5.0
Little piece of paradise. Beautiful peaceful space with a fenced-in garden for our dogs. It has everything we needed, and we will defin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Karen V
5.0
Baie rustig. Alles was daar wat ek nodig gehad het. Baie warm, sal dalk dakwaaiers of lugversorging installeer. Sal dit aanbeveel.
Des 2023
Jenny M
5.0
Baie lekker. Ons het heerlik gekuier, voldoende slaapplek, netjies en skoon. Kombuis is voldoende toegerus. Daar was egter verskriklik baie vlieë. Ek ...
Sien meer
Mei 2023
Balderic D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n wonderlike wegbreek. Die stilte en rustigheid was bekoorlik. Sal beslis met my familie terug gaan. Patrys Paradys is 'n perfekte vakansie ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Roelof Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
  • Gaste dink Patrys Paradys het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82e1865394243287103b7fe6c80705296774b0c16c023ba94bdfcc27d8c1682611d37de1bf87fa80c60fb6aaa799aa63fc2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 RD20 Ptn 58 Doornkloof 393 JQ 0346 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.90320408762 27.471940625946

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang