Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paul Kruger 63

  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paul Kruger 63, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Paul Kruger 63 bied verblyf in 3 selfsorgkothuise en kleiner eenhede met beperkte geriewe in die historiese deel van Robertson. Dit is stapafstand van die middedorp met sy restaurante, winkels en dienste af.

Daar is 3 selfsorgkothuise wat elkeen 5 gaste kan akkommodeer. Elke kothuis het 2 slaapkamers, 'n sitkamer met 'n divan, 'n kombuis, badkamer en 'n privaat agtertuin met 'n braai. Veilige, afstandbeheerde parkeerplek is beskikbaar. Die individuele kothuise is gemerk as Nr. 63, Nr. 61 en Nr. 59. op die voor- en die agterdeure.

Die nuutste toevoegings is 3 kompakte eenhede met slaapplek vir 1 tot 2 gaste. Elke eenheid is toegerus met 'n TV (SABC 1, 2, 3 en eTV), yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Elkeen het ook sy eie badkamer met 'n stort, beskutte stoep met ingeboude braai en braaitoerusting. Kompak, gerieflik en ideaal vir reisigers wat wil oornag of vir besoekende sakelui.

Villa Kruger is 'n opgeknapte huis uit die 1890's wat 2 luukse suites en 2 slaapsaalkamers het. Die suites het elk 'n baaivenster en 'n hoekbad met 'n stortkop. Elke kamer het 'n yskas, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware. Die 2 slaapsaalkamers het elk slaapplek vir 3.

Villa Kramer is ook 'n Victoriaanse huis wat opgeknap is. Die voorste 2 kamers is spieëlbeelde van mekaar en het 'n stort en toilet en suite. Elke kamer het 'n DVD-speler, yskassie, mikrogolf, 'n ketel, breekware en eetgerei. Die derde kamer het 'n hoekbad met 'n stortkop. Daar is ook 'n klein stoepie wat van die kamer af bereik word. Kramer Flat is 'n lekker stil eenslaapkamerwoonstel met 'n volledige badkamer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 153 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Antoinette Z
5.0
Dit was 'n vinnige oorbly, ek was gerieflik en het veilig gevoel. Ek het heerlik warm geslaap en het die stilte van die omgewing baie geniet.
Aug 2024
Chantel V
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n baie mooi en gerieflike plek. Dit was heerlik en kindervriendelik.
Mei 2024
Thomas V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker oornag. Alles wat jy nodig het vir oornag. Ontvangs vriendelik en behulpsaam. Blyplek skoon en netjies. Veilige parkering.
Mei 2024
Jenny B L
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable all we needed. Friendly and helpful host. We will be back. Neat and comfortable. We would love to return for a longer stay ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Martie B
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n absolute fees! Ons het gebly. Mike was baie behulpsaam en is regtig in die regte beroep!
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Fanus Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 220

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Paul Kruger 63, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paul Kruger 63 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paul Kruger 63, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0422e0191905a4f66ea789a2d26740af792be139e17f3e19d3675167a27730167e27ccd33a56c4d5082d46af8d31a793222f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 153 5 1 5 63 Paul Kruger Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.801307705652 19.884785751521

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang