Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pavetta Country House

Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 14 Feb 2025 tot 18 Feb 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rondefontein Plaas, A39-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
  • Vanaf R3 500 R2 334 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Pavetta Country House bied selfsorgverblyf en is op 'n rustige plaas in Magoebaskloof geleë. Die eiendom bied 'n digitale detoks van rus en ontspanning, weg van die stadslewe. Verblyf bestaan uit 2 lieflike selfsorghuise, geleë langs 'n denne- en inheemse woud met 'n skilderagtige uitsig oor die Haenertsburg-forelvereniging se trofeedam. Visvang word toegelaat met weerhaaklose vlieë en is slegs op 'n vang-en-vrylaat-basis.

Water's Edge House het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 klein kinders en het 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en eetarea en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer, wat 'n en suite-badkamer het, het 'n koningingrootte-bed en 2 klein enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers is buite en onder die hoofhuis, toeganklik met trappe; elke kamer het 'n koningingrootte-bed, en hierdie 2 kamers deel 'n badkamer. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer met slaapplek vir 2 gaste. Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, eetgerei en breekware, en 'n etenstafel met sitplek vir 8. Vir daardie koue nagte kan die houtkaggel in die sitkamer aangesteek word om die huis warm te maak.

Forest House bied slaapplek aan 10 mense in 5 slaapkamers, waarvan 2 en suite-badkamers het, en daar is 'n kombuis en eetarea, sitkamer en dek wat oor die dam uitkyk. Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, eetgerei en breekware, en 'n etenstafel met sitplek vir 8. Dié huis beskik ook oor 'n houtkaggel.

Braaigeriewe is beskikbaar en daar is piekniekplekke op die terrein. Die eiendom spog ook met 'n kragopwekker in die geval van kragonderbrekings.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Madeleine R
Gesin met klein kinders
5.0
Home away from home with spectacular views. We were a large group occupying both houses, Water's Edge and Forrest House, for a wedding ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Anize T
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik mooi, gemaklik en skoon! Baie dankie! Altwee huise was asemrowend mooi! Dankie aan Lolo en haar span! Alles was skoon en netjies.
Sep 2024
Kerryn F
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely amazing! Our stay more than exceeded our expectations. The location is beautiful and the photos don't do the place justice. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Suven M
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful lakeside forest retreat. Excellent lakeside and forest retreat. The house is well equipped for large families.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Ursula B
5.0
Perfect in every way. We had a lovely stay. The house is beautifully taken care of and safe. We had enough of everything to make the ho...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Sthi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Rondefontein Plaas, A39-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
  • Gaste dink Pavetta Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
R 3 500 R 2 334
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 500
R 3 500 R 2 334
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rondefontein Plaas, A39-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU0MTk1NTUxLTg1YzEtNGU5Ni04YWZiLTdiNWQyOTc3ZGI0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 500 nouVanaf R2 333 per nag (plek vir 10) 56 5 1 5 Farm Rondefontein A39 Road 0731 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -23.8764 29.989

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang