Peace At Home
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterlingstraat 26, Vierlanden Heights, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Peace At home is in Vierlanden, 'n paar minute vanaf Durbanville geleë. Hierdie eenheid is naby die Medi Clinic en bied maklike toegang tot Bloubergstrand en Kaapstad. Durbanville word deur bekende wynlandgoedere omring, en spog met verskeie koffiewinkels, keurige restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Hierdie dubbelverdieping-eenheid is gedeeltelik aan die eienaar se hoofhuis gekoppel, en het 'n privaat ingang. Dit is ideaal vir 'n paartjie met of sonder kinders wat Kaapstad wil verken, asook sakereisigers. Troeteldiere word toegelaat. Daar is gemeubileerde kamers, 'n privaat braai-area en 'n toegeboude tuin met 'n tropiese gevoel.
Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met basiese eetgerei, 'n mikrogolf, ontbytmaker, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en daar is ook 'n klein sitarea.
Die slaapkamer het lugversorging, en ander geriewe in die eenheid sluit verhitting, onbeperkte WiFi, 'n TV met Netflix en 'n swembad in. Gaste het ook toegang tot wasgoedgeriewe soos 'n wasmasjien, droër en 'n strykyster. Ekstra skoonmaak en wasgoeddienste is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Hierdie area is vir sy veiligheid bekend en veilige parkeerplek is vir kleiner voertuie agter 'n hek beskikbaar, en vir groter voertuie is daar 'n aangewese parkeerarea. Rook word nie in die eenheid toegelaat nie, maar is wel buite die eenheid aanvaarbaar.
Vir buitelug- of sportentoesiaste is daar parke, 'n dam en rustige strate waar gaste kan draf of stap.
Verder kan gaste ook die nabygeleë Butterly World besoek om die betowende skoenlappers te sien, die leeus by die Leeupark besigtig of by die Krokodilplaas 'n draai gaan maak. Diegene wat van 'n kulturele-ervaring hou kan die Taalmonunent besoek, of die wynproe-avonture probeer. Gaste kan ook die gewilde winkelsentrums, kunsgalerye en teaters besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Drankies ingesluit
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Meer oor dié eenheid
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
Ekstras
- Kroegyskas
- Mandjie met peuselhappies
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Ligging
- Sterlingstraat 26, Vierlanden Heights, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Vierlanden Heights Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterlingstraat 26, Vierlanden Heights, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang