Pearl on the Promenade
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandringham Bay-weg, Mouille Punt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Pearl on the Promenade is 'n bekoorlike ateljeewoonstel op die beroemde promenade in die gesogte Mouille Punt. Dit is stapafstand vanaf die strand waar gaste lekker kan gaan stap in die vars seelus en die pragtige uitsig geniet.
Die eenslaapkamer-ateljeewoonstel bied slaapplek aan 1 - 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die woonstel is modern en goed ontwerp. Die oopplan-uitleg beskik oor 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikabar. Daar is ook 'n 'plug and play'-omsetter om die noodsaaklike toestelle gedurende beurtkrag aan te dryf.
Die verblyf is naby die V&A Waterfront, verskeie fynproewersrestaurante, lieflike besienswaardighede insluitend die Kaapstad Stadion, Metropolitan Gholfbaan en Groenpunt Park.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 50
Resensies 29
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sandringham Bay-weg, Mouille Punt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Pearl on the Promenade het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mouille Point Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandringham Bay-weg, Mouille Punt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang